WEN ’n verhitte handdoekreling

Vyf gelukkige lesers kan elkeen ’n Jeeves Tangent L Heated Ladder Rail ter waarde van R6 200 wen!

Die nuwe Tangent L (520 x 1 890 mm), geïnspireer deur die houtlere wat dikwels in badkamers gebruik word om handdoeke aan op te hang, bied nou dieselfde sjiek ontwerpelemente plus al die voordele van ’n verhitte handdoekreling.

Hoewel dit ’n praktiese, energiedoeltreffende oplossing vir die droogmaak en verhitting van handdoeke is, het dié nuwe model niks aan styl of funksie ingeboet nie. Trouens, die nuwe ontwerp gebruik minder elektrisiteit as ’n standaardgloeilamp.

Vir veiligheid, doeltreffendheid en gemak is die eenheid gevul met vloeistof, terwyl die beproefde Automatic Heating Technology sorg dat aan alle bedryfsvereistes voldoen word.

Die Tangent L word vervaardig van plaaslike vlekvrye staal is beskikbaar in ’n gepoleerde, geborselde, wit of swart afwerking; dit kom ook met ’n ruim 25-jaarwaarborg wat van Jeeves ’n markleier maak.

Vir nog inligting, besoek jeeves.co.za

jeeves set 1

DIE PRYS Vyf gelukkige lesers kan elkeen ’n Jeeves Tangent L Heated Ladder Rail ter waarde van R6 200 wen!

SLUITINGSDATUM 31 Maart 2017

SKRYF SO IN

SMS die woord JEEVES, gevolg deur jou naam, huis- of e-posadres na 33409 (elke SMS kos R1,50) OF

Vul die onderstaande inskryfvorm in:

Sien ons kompetisiereëls