WEN twee nagte se verblyf by Tintswalo Safari Lodge

Een gelukkige leser kan twee nagte se verblyf vir twee by die Tintswalo Safari Lodge ter waarde van R40 240 losslaan!

Slider loading...



Die ongerepte private Manyeleti-wildreservaat is die tuiste van die luukse Tintswalo Safari Lodge en deel ’n onomheinde grens met die alombekende Nasionale Krugerwildtuin.

Die reservaat spog met van die minste verkeer in die omgewing, wat beteken gaste geniet ’n onbelemmerde uitsig op die wild en asemrowende natuur. Die lodge-suites is só versier dat dit aan die luukshede van koloniale tye herinner, asook die avonture van die 19de-eeuse ontdekkingsreisigers na wie hulle vernoem is.

Tintswalo Safari Lodge is ’n kort rit van die naaste lughawe op Hoedspruit, of ’n ses uur lange rit van Johannesburg vir dié wat die skilderagtige roete verkies.*

DIE PRYS
Een gelukkige leser kan twee nagte se verblyf vir twee by die Tintswalo Safari Lodge ter waarde van R40 240 wen! Alle maaltye, drankies, huiswyn en plaaslike bier is ingesluit, asook twee aktiwiteite per dag en vervoer van en weer terug na die Hoedspruit lughawe.

SKRYF SÓ IN
SMS die woord TINTSWALO, gevolg deur jou naam, huis- of e-posadres na 33409 (elke SMS kos R1,50). Sien ons kompetisiereëls hier.

OF

Voltooi die onderstaande inskrywingsvorm:

SLUITINGSDATUM
31 Januarie 2017

*Die prys sluit vlugte uit.

KLIK HIER OM VORIGE WENNERS TE SIEN.

WEB-FOOTERS-afr