WEN ’n Spindel-wasgoeddroër vir jou en ’n vriend(in)

Dis winter – die perfekte tyd om op te krul met ’n goeie boek en stomende beker warmsjokolade! Niemand wil hulle bekommer oor wasgoed wat nie wil droog word nie, nog minder die verskriklike kragrekening ná ure se gebruik van die tuimeldroër, of ’n aaklige, klam reuk van wasgoed wat al dae hang nie…

Nou is jou kans om ’n Spindel 6,5kg-wasgoeddroër los te slaan – trouens, daar is een vir jou én ’n vriend! Dis jou #laundrylifesaver!

201706-SpindelFBafr

Die Spindel-wasgoeddroër het dubbel die tuimelkrag van die meeste wasmasjiene, wat beteken jou wasgoed is in net drie minute droog. Dit gebruik ook minder as 1% van die energie van ’n standaard-tuimeldroër, wat jou tyd en geld bespaar. Boonop is dit veilig vir al jou delikate items – ja, selfs jou winter-wolgoed!

Die Spindel is lig en kompak genoeg om ná gebruik maklik te bêre. Dis beskikbaar by huiswarewinkels soos Hirsch’s, Tafelberg Furnishers, Wakefords, of jy kan dit aanlyn koop by takealot.com.

 SKRYF SO IN
Voltooi die onderstaande inskryfvorm:

SLUITINGSDATUM 29 Junie 2017

WEB-FOOTERS-afr

Kompetisiereëls 1 Die beoordelaars se beslissing is finaal en geen korrespondensie sal daaroor gevoer word nie. 2 Pryse is nie oordraagbaar nie en mag nie vir kontant geruil word nie. 3 Verskaf asseblief jou woonadres indien moontlik. 4 Werknemers van Media24, die borge en hul nabye familielede mag nie aan die kompetisie deelneem nie. 5 Die kompetisie is slegs oop vir lesers in Suid Afrika. 6 Die prys sluit geen toevallige uitgawes in nie. 7 Die sluitingsdatum is 29 Junie 2017 en geen laat inskrywings sal aanvaar word nie. 8 Deur enige besonderhede in te vul of te verskaf, verleen jy aan ons toestemming om deur enige van daardie kanale met jou te kommunikeer. 9 Die pryse sal binne ses weke ná kennisgewing afgelewer word.