WEN ’n Sealy-bedbasis en -matras ter waarde van R12 000

Vier gelukkige lesers kan elk ’n koningingroot Sealy-bed ter waarde van R12 000 losslaan!

201707-win-sealy-comp-nuusbrief

Daar is min dinge so lekker soos ’n snoesige bed op ’n koue winteraand, of om ná ’n lang, bedrywige dag in jou Sealy Posturepedic weg te sak. Dis die toppunt van weelde en gemak, met elke deel omhul deur perfek gestikte kwiltmateriaal, elke veerstelsel ontwikkel vir die beste ondersteuning van jou lyf, en elke gemak-laag noukeurig uitgesoek.

Met meer as 100 jaar ervaring in die bed-bedryf is Sealy die toonaangewende vervaardiger van slaapstelsels. Sealy Posturepedicbeddens is oorspronklik saam met voorste Amerikaanse ortopediese chirurge ontwikkel en dra steeds by tot jou gemak én jou gesondheid.

Die gepatenteerde ontwerp, kombinasie van hoëgehalte-materiaal en Sealy se toewyding tot volgehoue ontwikkeling en verbetering van hul produkte maak Sealy die eerste keuse vir beddens. ’n Beter nagrus verseker ’n beter dag, en ’n Sealy Posturepedicbed is jou waarborg dat jy lekkerder gaan slaap as ooit tevore.

VIND JOU GEMAKSONE

Sealy besef dat jy tot ’n derde van jou lewe omslaap; daarom bied hulle ’n uitgebreide reeks matras-opsies vir jou individuele voorkeure en behoeftes. Sealy is daartoe verbind om bedstrukture van goeie gehalte te vervaardig – ook die perfekte een vir jou, ongeag jou grootte of liggaamsbou.

Stel die gemak van ’n Sealy-bed op die proef by jou naaste verskaffer: Gaan lê in jou gewone slaapposisie en rol om; voel net die ondersteuning en gemak! Herhaal dié toets met die Firm Comfort-, Medium Comfort- en Plush Comfort-matrasse om so die beste een vir jou uit te soek. As jy baie lank is, jou bed deel of ekstra ruimte nodig het omdat jy snags rondrol, kan jy tot koninggroot beddens in ekstra lengtes kry.

Besoek sealy.co.za of skakel 011 309 4000 vir nog inligting.

SKRYF SO IN SMS die woord SEALY, gevolg deur jou naam, huisof e-posadres na 33409 (elke SMS kos R1,50); OF voltooi die onderstaande inskryfvorm:

SLUITINGSDATUM 31 Julie 2017

LET WEL Die bedstel bestaan uit ’n basis en ’n matras.

WEB-FOOTERS-afr

Kompetisiereëls 1 Die beoordelaars se beslissing is finaal en geen korrespondensie sal daaroor gevoer word nie. 2 Pryse is nie oordraagbaar nie en mag nie vir kontant geruil word nie. 3 Verskaf asseblief jou woonadres indien moontlik. 4 Werknemers van Media24, die borge en hul nabye familielede mag nie aan die kompetisie deelneem nie. 5 Die kompetisie is slegs oop vir lesers in Suid Afrika. 6 Die prys sluit geen toevallige uitgawes in nie. 7 Die sluitingsdatum is 31 Julie 2017 en geen laat inskrywings sal aanvaar word nie. 8 Deur enige besonderhede in te vul of te verskaf, verleen jy aan ons toestemming om deur enige van daardie kanale met jou te kommunikeer. 9 Die pryse sal binne ses weke ná kennisgewing afgelewer word.