WEN ’n Bernina-naaldwerkmasjien en Winon-stoommasjiene

Twee gelukkige lesers kan elk ’n Bernina-naaldwerk- en Winonstoommasjiene van R20 335 losslaan!

2017_02com-bernina-facebook

Bernina, ’n Switserse familieonderneming, is nou al 120 jaar lank die wêreld se voorste vervaardiger van naaldwerk- en borduurmasjiene.

Die Bernina 215-naaldwerkmasjien is gebruikerviendelik (ideaal vir groentjies), dit het ’n persoonlike geheue waarin jy gewilde steek-keuses kan bewaar, ’n ingeboude gare-inrygfunksie en ’n LCDskerm wat instruksies en steekverstellings duidelik vertoon. Die B 215 spog met die 11 belangrikste steke waarmee jy enige basiese naaldwerk kan doen.

Die Winon Fortune II-stoommasjien op wiele is lig, kompak en maklik om te gebruik. Jy kan enigiets van aanddrag en trourokke tot pakke en gestoffeerde meubels daarmee stoom. Nog ’n voordeel is dat dit outomaties afskakel wanneer die water op is.

Die draagbare Winon-handstomer is kompak, dit weeg min (en pas netjies in ’n reistas) en het verskeie gebruike – van gesigstoom tot stryk. Dit blaas stoom teen ’n hoek en spog met ’n ingeboude termostaat vir veiligheid, ’n gerieflike greep en is maklik om te hervul.

Vir nog inligting oor die Bernina 215, besoek bernina.co.za; en vir meer oor Winon-stoomtoestelle, kyk by sewshop.co.za.

DIE PRYS Twee gelukkige lesers kan elk ’n Bernina 215-naaldwerkmasjien, ’n Winon Fortune II-stoommasjien en ’n draagbare Winon-handstomer ter waarde van R20 335 wen!

SKRYF SO IN

SMS die sleutelwoord BERNINA, gevolg deur jou naam, pos- en e-posadres na 33409 (elke SMS kos R1,50). Sien ons kompetisiereëls hier.

OF

Vul die onderstaande inskryfvorm in:

SLUITINGSDATUM 28 Februarie 2017.


KLIK HIER OM VORIGE WENNERS TE SIEN.

WEB-FOOTERS-afr