Wen Milestone Kitchens-eenhede ter waarde van R50 000

201611-milestone-main

Een gelukkige leser kan Milestone Kitchens-eenhede van hul keuse ter waarde van R50 000 losslaan!

Met los eenhede het jy die voordeel van groter buigsaamheid. Dit gee jou die vryheid om jou kombuis te verander soos die bui jou pak of die nood jou druk. Die bekroonde Milestone Kitchens spog met ’n reeks losstaande eenhede in vier aantreklike style – elkeen sorgvuldig met die hand gemaak en gebou met ’n kombinasie van regte hout en Supawood.

Dié konsep is die goue middeweg tussen selfdoen-kombuiskaste van dennehout en duur professionele installasies. Die eenhede kan ook in die kleur van jou keuse geverf word, wat beteken jy kan dit perfek by die res van jou dekor laat pas; jy verskaf net die kleurkode van jou keuse.

Milestone Kitchens kan net aanlyn gekoop word – dit hou oorhoofse koste laag en pryse mededingend.

Besoek milestonekitchens.co.za vir nog inligting.

Spesiale Kers-aanbod! As jy jou Milestone-kombuis bestel en jou deposito voor 31 Desember betaal, is aflewering in die groot stede van Suid-Afrika gratis.*

DIE PRYS
Een gelukkige leser kan Milestone Kitchens-eenhede van hul keuse ter waarde van R50 000 wen!

SKRYF SO IN

Vul die onderstaande vorm in:

OF

SMS die woord MILESTONE, gevolg deur jou naam, huis- of e-posadres na 33409 (elke SMS kos R1,50). Sien ons kompetisiereëls hier.

SLUITINGSDATUM 30 November 2016

Bepalings en voorwaardes Aflewering is nie by die prys ingesluit nie; indien die wenner ’n ander kleur as een van Milestone Kitchens se vier standaardkleure kies, sal ekstra koste betaalbaar wees. Die prys is nie omruilbaar vir kontant nie. Die prysgeld van R50 000 sluit BTW in. *Die spesiale Kers-aanbod van gratis aflewering geld vir die volgende stede: Pretoria, Johannesburg, Potchefstroom, Bloemfontein, Kaapstad, George, Port Elizabeth, Durban, Pietermaritzburg en Richardsbaai.


KLIK HIER OM VORIGE WENNERS TE SIEN.

 WEB-FOOTERS-afr