WEN Le Creuset-produkte ter waarde van R5 175

Agt gelukkige lesers kan elk ’n Le Creuset-geskenkpak ter waarde van R5 175 losslaan!

201706Le-Creuset-hamper-FB-1

Met inspirasie uit die kleure, aromas en bekoring van speserye sal Colours of Spice, Le Creuset se splinternuwe kookware-versameling, jou kombuis nuwe lewe gee. Dié witwarm reeks – van Petite Bowls tot Indian Condiment Jars – sal enige gereg pragtig afrond.

Kookware van topgehalte

Le Creuset word al vir bykans ’n eeu erken vir hul uitnemende produkte in die lieflikste kleure van die reënboog. Hul voortreflike kookware-reekse bied alles wat jy nodig het om ’n magdom resepte te berei, sodat jy na hartelus kan kook met die ongeëwenaarde prag en gehalte waarvoor die handelsmerk bekend is.

ELKE GESKENKPAK TER WAARDE VAN R5 175 BESTAAN UIT:

• 1 x Le Creuset 26 cm Signature Round Casserole
• 1 x Le Creuset Classic Salt Mill (20,5 cm)
• 1 x Le Creuset Classic Pepper Mill (20,5 cm)
• 1 x Le Creuset Indian Condiment Jar
• 3 x Le Creuset Petite Bowls

Vir nog inligting, skakel 0861 177 3321 of besoek lecreuset.co.za.

SKRYF SO IN SMS die woord LECREUSET, gevolg deur jou naam, huis- of e-posadres na 33409 (elke SMS kos R1,50); OF voltooi die onderstaande inskryfvorm:

SLUITINGSDATUM 30 Junie 2017

Sien vorige wenners HIER.

WEB-FOOTERS-afr

Kompetisiereëls 1 Die beoordelaars se beslissing is finaal en geen korrespondensie sal daaroor gevoer word nie. 2 Pryse is nie oordraagbaar nie en mag nie vir kontant geruil word nie. 3 Verskaf asseblief jou woonadres indien moontlik. 4 Werknemers van Media24, die borge en hul nabye familielede mag nie aan die kompetisie deelneem nie. 5 Die kompetisie is slegs oop vir lesers in Suid Afrika. 6 Die prys sluit geen toevallige uitgawes in nie. 7 Die sluitingsdatum is 30 Junie 2017 en geen laat inskrywings sal aanvaar word nie. 8 Deur enige besonderhede in te vul of te verskaf, verleen jy aan ons toestemming om deur enige van daardie kanale met jou te kommunikeer. 9 Die pryse sal binne ses weke ná kennisgewing afgelewer word.