WEN familiekaartjies na die WODAC Expo

Ses gelukkige lesers staan elk ’n kans om gesinskaartjies ter waarde van R400 per stel te wen vir Suid-Afrika se opwindendste troeteldier-ekspo, The World of Dogs and Cats Pet Expo (WODAC), van 14–16 Julie by Gallagher Estate.

Group of pets - Dog,cat, bird, reptile, rabbit - in front of a white background

Group of pets – Dog,cat, bird, reptile, rabbit – in front of a white background

Sien alles van dansende honde tot pronkende perde, ontmoet beroemde honde en vind uit watter honderas die beste vir jou gesin is. Daar is ’n spesiale uitstalruimte vir katte, honde, reptiele en eksotiese troeteldiere, so jy kan kennis maak met ’n groot verskeidenheid diere. jy kan ook peuselhappies en versorgingsprodukte vir jou eie vierpoot-vriende koop.

Verkyk jou aan die skouhonde se ratse toertjies en hul hanteerders se vernuf, leer meer oor koi en ander visse by die asemrowende koi-tent, loer in by die stalle en perde-uitstallings en besoek die uitstallings met slange en ander reptiele. Praat met telers en kenners, gesels met dierewelsynsorganisasies as jy belangstel om ’n nuwe gesinslid aan te neem en leer meer oor indringerspesies by die department van omgewingsake. Met so baie te sien en te doen, is dit geen wonder dat meer as 20 000 mense elke jaar die WODAC Pet Expo bywoon nie!

Kaartjies kos R100 vir volwassenes, R80 vir pensioentrekkers en R50 vir kinders onder 12; besoek dogscats.co.za vir die volledige program. Kinders onder twee kan gratis ingaan. Sien die volledige program hier. Vir nog inligting, besoek dogscats.co.za, stuur e-pos na info@dogscats.co.za of skakel 031-7654286

SKRYF SO IN Voltooi die onderstaande vorm. 

SLUITINGSDATUM 6 Julie 2017

WEB-FOOTERS-afr

Kompetisiereëls 1 Die beoordelaars se beslissing is finaal en geen korrespondensie sal daaroor gevoer word nie. 2 Pryse is nie oordraagbaar nie en mag nie vir kontant geruil word nie. 3 Verskaf asseblief jou woonadres indien moontlik. 4 Werknemers van Media24, die borge en hul nabye familielede mag nie aan die kompetisie deelneem nie. 5 Die kompetisie is slegs oop vir lesers in Suid Afrika. 6 Die prys sluit geen toevallige uitgawes in nie. 7 Die sluitingsdatum is 31 Julie 2017 en geen laat inskrywings sal aanvaar word nie. 8 Deur enige besonderhede in te vul of te verskaf, verleen jy aan ons toestemming om deur enige van daardie kanale met jou te kommunikeer. 9 Die pryse sal binne ses weke ná kennisgewing afgelewer word.