Wen dubbelkaartjies vir die Winelands-sjokoladefees

Tien gelukkige lesers kan elk dubbelkaartjies wen vir die Winelands-sjokoladefees by Blaauwklippen-wynlandgoed!

Winelands chocolate festival

Die tweede Winelands-sjokoladefees vind plaas op die Blaauwklippen-wynlandgoed in Stellenbosch op 20 en 21 Augustus 2016. Vanjaar se fees is pragtig uitgelê op die ruim Blaauwklippen-grond en -gebou. Daar is ’n groter, beter verskeidenheid met meer stalletjies, sjokolade én wyn.

Besoekers kan uitsien na meer as 40 sjokolademakers, asook ’n verskeidenheid bakkers, sjokolade-demonstrasies, oggend- of middagtee met Lindt, ’n speelarea vir die kinders, ’n modeparade, plaaslike kos- en wynstalletjies en ’n lewensgetroue “kakao-plantasie”.

DIE PRYS

Tien gelukkige lesers kan elk dubbelkaartjies wen vir die Winelands-sjokoladefees by Blaauwklippen-wynlandgoed.

SKRYF SO IN

Vul die onderstaande vorm in:

SLUITINGSDATUM

17 Augustus 2016

The Winelands Chocolate Festival
Blaauwklippen Wine Estate (aanwysings)

Koop kaartjies aanlyn by Quicket of by die deur.

Pryse:
Volwassenes: R120 – sluit ’n wynglas in
Skoliere: R60
Kinders onder ses jaar: Gratis
Middagtee met sjokolade: R250 – sluit toegang tot die res van die fees in