WEN dubbelkaartjies na die Cape Town Art Fair

Sewe gelukkige lesers kan elk dubbelkaartjies wen na vanjaar se Cape Town Art Fair!

SMALL-CTAF_Expo_10

Meer as 70 kunsgallerye van die wêreld heen spog vanjaar met ’n wye verskeidenheid werke by die Cape Town Art Fair (CTAF), die voorste internasionale kunsuitstalling in Afrika.

Die gallerye wat aan vanjaar se skou deelneem verteenwoordig die continent se voorte kontemporêre kunstenaars, en sluit in: Addis Fine Art (Etiopië), Afriart (Uganda), Art Twenty One (Nigerië), First Floor (Zimbabwe), Gallery 1957 (Ghana) en Galerie Cecile Fakhoury van die Ivoorkus. Suid-Afrikaanse gallerye Stevenson, Goodman, SMAC, Gallery MOMO, Everard Read, blank projects, WHATIFTHEWORLD en SMITH sal ook by die skou wees.

Feesgangers kan uitsien na die Unframed afdeling, waar groot installasies en beeldhouwerk te sien sal wees. Vyf projekte deur kunstenaars van vier van Suid-Afrika se voorste gallerye sal deur die skou versprei wees en interaksie met dié werke aanmoedig.

DIE PRYS Sewe gelukkige lesers kan elk dubbelkaartjies wen na vanjaar se Cape Town Art Fair by KIKS, van 17 to 19 Februarie 2017.

SLUITINGSDATUM 14 Februarie 2017

SKRYF SO IN Voltooi die onderstaande inskrywingsvorm:

 

 Die CTAF is van 17 tot 19 Februarie 2017 by KIKS. Bespreek kaartjies aanlyn by http://www.capetownartfair.co.za/book-tickets/ of via Computicket.

Kaartjiepryse

  • Algemene toegang (tot 13/02/2017) R126
  • Algemene toegang R140
  • Pensionarisse R100
  • Studente R100
  • Kinders 12 -18 R100
  • Kinders onder 12 R50

Openingstye:

Vrydag 17 Februarie 2017: 11h00 – 19h00
Saterdag 18 Februarie 2017: 11h00 – 19h00
Sondag 19 Februarie 2017: 11h00 – 19h00

Besoek http://www.capetownartfair.co.za/ vir meer inligting, of e-pos art@fieramilano.co.za , of bel +27 (0)21 702 2280.

 

WEB-FOOTERS-afr