Sien die resultaat nog voor jy ’n kwas opgetel het met Dulux se Visualizer App

Sukkel jy om op ’n verfkleur vir jou huis te besluit? Danksy die gratis Dulux VisualizerTM-app is dit makliker as ooit om die perfekte keuse te maak! Die VisualizerTM-app is ’n innoverende, gebruikersvriendelike oplossing vir jou slimfoon of tablet. Dis interaktief en help jou om die regte besluit te neem.

Slider loading...
  • Voor


  • Na


 

Neem ’n foto van die muur wat jy wil verf en speel met die opsies; verander die kleure van die mure so dikwels as wat jy wil. Stoor die foto’s, of deel dit op sosiale media om met jou styl te spog.

Dis so maklik om die app te gebruik; sien die stappe onder.

 

1. LAAI JOU FOTO OP

Step-1-WEB

Nadat jy die Dulux VisualizerTM-app afgelaai het (dis beskikbaar op Google Play vir Android-toestelle of die Apple App Store vir iPhone en iPad), maak jy dit oop en kies die Photo VisualizerTM.

 

2. KIES JOU KLEURE

Step-2-WEB

Klik op “Take a photo” en as jy tevrede is met die foto, spesifiseer of die muur wat jy wil verf buite of binne is. Besluit nou op ’n kleur deur op “Choose Colour” te klik – jy kan kies uit palette of klaargemengde skakerings, of ’n spesifieke kleur se naam kies. As jy nou aan jou skerm raak, sal jy sien hoe die muur voor jou oë verander.

Het jy geweet?
Die app het ’n maskeerband-funksie. Klik op die ikon en volg die aanwysings om dit op jou muur te gebruik.

Kry dit in jou app-winkel, laai dit af en begin droom…

App-StoreICON

Google-playICON

 

WEB-FOOTERS-afr