Opgeknap met verf! Saai leefarea nou gesellige ruimte

’n Saai leefarea is nou ’n vars, gesellige ruimte nadat dit opgekikker is met Dulux se Kleur van die Jaar vir 2017, Steel Symphony 2.

In-samewerking-met-Dulux2

Met sy karakterlose wit mure, donker meubels en afgeleefde afwerkings het dié sitkamer gesmeek om ’n nuwe voorkoms. As ’n ruimte waar die Peters-gesin van Bellville graag kuier, veral voor ’n knetterende kaggel in die winter, was die vertrek darem net te saai en sielloos.

Dulux-adv-fireplace-before-afrteks-web

Met die natuurlike skoonheid van Steel Symphony 2 – Dulux se Kleur van die Jaar vir 2017 – teen die kaggel se baksteenomranding, was dit die perfekte wegspringplek vir ’n regruk. Die gesin wou ’n gesellige, rustige sitgedeelte in hul huis skep en ’n ruimte hê waar tegnologie nie die middelpunt van die aandag is nie. Voorheen was die fokuspunt in die vertrek ’n platskerm-TV op ’n staander regs van die kaggel. Maar nou, met die sagte, kalm kleure geïnspireer deur die Dulux Colour Futures-trend New Romanticism wat die lewe in al sy bekoring verken, is dié deel van die sitkamer omskep in ’n rustige kuierhoekie. Dié palet komplementeer die nuwe botaniese dekorelemente, rottangstoele en goiingmat perfek – so reg in die kol van die huidige dekorneigings!

Dulux-adv-fireplace-after-web

Die bakstene rondom die kaggel is geverf met Dulux PearlGlo™ Waterbased-verf en die omliggende mure spog met drie komplementêre kleure. Dulux Rich Matt-verf was die perfekte keuse vir die mure omdat dit ’n volkome mat afwerking het. Die houtmantel is geskuur en vernis. Die eindresultaat is ’n stylvolle kuierkol waar die gesin kan bymekaarkom – en tuis voel.

  • Hout verseël met Woodgard Timbavarnish Clear.

  • Hergebruik! Botaniese afdrukke uit ’n ou boek is geraam en skep nou visuele impak.

  • Die bakstene rondom die kaggel is geverf met Dulux PearlGlo™ Waterbased-verf in Steel Symphony 2.

Kort jy nog inspirasie? Dié kleurskema put inspirasie uit die Dulux Colour Futurestrend New Romanticism; kry die nuutste Colour Futuresbrosjure in winkels landwyd.

Dulux-adv-fireplace-after2-vert-web

Natuurlike elemente soos rottangstoele, rottangmandjies en hout-elemente benadruk die filosofie van volhoubaarheid en verantwoordelikheid teenoor die omgewing, ’n wêreldwye neiging wat Dulux ondersteun.

Het jy geweet? As jy onseker is oor hoe die kleure uit die Dulux-reeks in jou eie ruimte gaan werk, kan jy die Dulux Visualizer App by enigeen van die app-winkels aflaai en die beplande kleurkombinasies toets voor jy gaan verf koop.

Deur Carissa Govender • Foto’s Inge Prins • Stilering Shelly Bergh • Kleurverwysings is so akkuraat as wat die drukproses toelaat. Verwys asseblief na die streep-/standaard-kleurkaarte of kleuruitstallings op winkelrakke vir ’n akkurate voorstelling van die kleur.  Stoele van Malawi Cane; horlosie, tafel, sopbakkie, bord, draad-en-rottangmandjie, tydskrifrak en bamboesbakkie van @home; plante, sementvaas met hart, reghoekige plantbak, rame, glasvase, koperlantern, wit kussing en houtbak van Woolworths; tropiese kussing van Loads of Living; sitkussing, wit vaas en plantpotte van MRP Home; mat en mandjie van Builders.