Kry die voorkoms: Onewe horisontale strepe

Dulux-digitorial-4_1

Voor jy wegspring met dié witwarm trend, berei jou muur voor deur seker te maak dit het nie enige krake of bulte nie. Verf dit dan met die basiskleur van jou keuse; dis die agtergrond waarop jy gaan werk.

Die streep-effek het ’n bietjie voorbereidingswerk nodig; maak dus seker jy het genoeg bordkryt, maskeerband en tou byderhand.

Begin deur die hoogste punt van jou fokuspunt se ontwerp in kryt af te merk. Gebruik liefs dieselfde kleur as een van jou verfkleure sodat jy dit maklik kan toeverf.

Doen dieselfde ondertoe op die muur, en meet en merk twee of meer punte waar jy nog strepe wil trek.

Hier is nou ’n slim truuk! Meet ’n stuk tou wat tussen jou twee punte sal pas. Trek die kryt teen die stuk tou; jy kleur die tou as’t ware met die kryt in. Plak nou die tou teen die muur.

Dulux-digitorial-string-1

Pluk die tou om ’n krytmerk teen die muur te maak. Dit sal jou ’n riglyn gee oor waar om te verf. Dit sal ook die kreatiewe deel makliker maak.

Doen dieselfde laer af teen die muur; dan is jy gereed om weg te spring!

Gebruik ’n medium-hoeveelheid verf op jou kwas en volg die volgende riglyne:

Moenie te veel druk op die kwas uitoefen nie; jy wil ’n deurskyn-effek skep. Moet dus nie bekommerd wees as jou strepe nie perfek solied is nie; dit moet effens ongelyk lyk.

Dulux-digitorial-4-paint

Verf nou jou tweede kleur, wat mooi met die eerste kleur sal kontrasteer. As jy meer deursigtige strepe wil hê, druk net liggies op die kwas soos jy verf.

Jy kan soveel kleure gebruik as wat jy wil en kwaste van verskillende groottes gebruik vir ’n laag-op-laag-effek.

Noudat jy jou persoonlike styl aangebring het, kan jy nou ’n paar vriende oornooi sodat jy kan spog met jou handewerk.

Kyk die video: