Dié vertrek is grys, maar als behalwe vaal

Grys skakerings uit die Dulux Colours of the World™ Peaceful Scandinavia-palet word slim ingespan in dié stylvolle veeldoelige ruimte.

In-samewerking-met-Dulux2

Met drie tieners en ’n jong labrador het die Riley-gesin baie hooi op hul vurk – dis ’n groot taak om te verseker dat hul huis mooi én funksioneel is! Die kinders ontvang tuisonderrig in dié vertrek, maar dit doen ook diens as musiekkamer en moet ’n verskeidenheid instrumente – van ’n groot stel tromme tot ’n klavier – huisves.

Dulux-adv-chillarea-web

Die langhaarmat en strooikussings kontrasteer met die koel gryse en bring warmte in, terwyl ottomans ekstra sitplek bied sonder dat die vertrek oorvol lyk.

Toe hulle vyf jaar gelede by die huis intrek, wou die Rileys die groot leefvertrek met sy uitsig op die voortuin ten volle benut. Hulle het dit omskep in ’n studeerkamer, musiekkamer en kuier-area – alles in een. Omdat die vertrek so baie funksies moes vervul, was dit ’n mengelmoes van kleur waar ’n oranje strooideken, rooi mat, pienk stoel en ’n lemmetjiegroen muur die ruimte oorweldig het.

Om die verskillende funksies van die vertrek in harmonie bymekaar te bring, het die gesin inspirasie geput uit die Skandinawiese dekorstyl met sy skoon lyne, eenvoudige houtmeubels, natuurlike teksture en neutrale kleure.

Die mure is geverf in grys kleure uit die Dulux Colours of the World™ Peaceful Scandinavia-palet; daarby is meubels en bykomstighede in natuurlike naaswit gekies, wat dit perfek komplementeer. Die vertrek word nou geanker deur die fokusmuur in Rich Scandinavia agter die lessenaar, terwyl ligter gryse uit die palet visuele trefkrag gee sonder dat dit die ruimte oordonder.

Dulux-adv-chillroom-hexagon-web-instagram

Die Rileys het geometriese patrone op kurk geverf – ook met kleure uit die Peaceful Scandinavia-palet – en sodoende ’n besonderse aansteekbord geskep wat terselfdertyd ’n kunswerk is. Slim, nè!

Wil jy meer sien? Dié kleurskema kom uit die Dulux Colours of the World™- reeks: 25 klaar gemengde, maklik kombineerbare kleure. Dis gegroepeer in vyf palette wat deur die mooiste plekke ter wêreld geïnspireer is. Beskikbaar in winkels landwyd.

Deur Carissa Govender • Foto’s Francois Oberholster • Stilering Kim Bougaardt • Kleurverwysings is so akkuraat as wat die drukproses toelaat. Verwys asseblief na die streep-/standaard-kleurkaarte of kleuruitstallings op winkelrakke vir ’n akkurate voorstelling van die kleur.  VERSKAFFERS @home 0860 66 66 74, home.co.za, MRP Home 0800 212 535, mrphome.com | Wit pels-strooikussing, strooikussing met metaalafwerking, blou geometriese Usonic-strooikussing, geborduurde retro-strooikussing, ottoman met fraiings, ronde ottoman, ivoor langhaarmat, blou en grys vase en koper-penhouer van MRP Home; blougroen grofgebreide strooikussing, kurk-penhouer en kurk-organiseerder van @home; ander bykomstighede behoort aan die stilis en die huiseienaar