Nuttige skottelgoedrak

[divider]

Gereedskap

Nuttige skottelgoedrak Gereedskap[divider]

  • koordlose boor en 3 mm-boorpunt
  • versinkboorpunt
  • figuursaag
  • orbitaalskuurder en 120- grint-skuurpapier
  • G-klamp
  • maatband
  • winkelhaak
  • potlood

Inkopielys

  • 2 x 1 000 mm x 100 mm x 16 mm-Supawood (kante)
  • 2 x 1 000 mm x 80 mm x 16 mm-Supawood (ingelate kante)
  • 4 x 500 mm x 300 mm x 16 mm-Supawood (regop dele)
  • 18 x 236 mm x 44 mm x 22 mm-dennehout (latte)

Ander

  • agt 8 x 45 mm-spaanderbordskroewe (vir raamwerk)
  • veertien 8 x 25 mmspaanderbordskroewe (om sykante en regop dele aanmekaar te skroef)
  • watervaste houtlym
  • houtvulstof
  • vernis of houtonderlaag en emaljeverf

So maak jy

Skottelgoedrak stap1 Begin deur die twee 1 000 mm x 80 mm-dele aan die 1 000 mm x 100 mm-kante vas te skroef, soos aangedui. Dit sal ‘n 20 mm-inlaat vir die latte vorm. Onthou om eers gidsgate te boor voor jy hierdie dele aanmekaarlym en skroef hulle dan met die   8 x 25 mmspaanderbordskroewe vas.[divider]

Skottelgoedrak stap 22 Gebruik die maatband, potlood en winkelhaak om 32 mm x 100 mm-blokkies te merk wat uit die hoeke van twee van die regop 500 mm x 300 mm-Supawood-dele gesaag moet word, soos aangedui.[divider]

Skottelgoedrak stap 33 Gebruik die G-klamp om die twee regop dele van 500 mm x 300 mm stewig in plek te hou terwyl jy die figuursaag gebruik om die hoeke wat jy in stap 2 gemerk het, uit te saag.[divider]

Skottelgoedrak stap 44 Skroef hierdie twee binneste regop dele nou aan die buitenste twee 500 mm x 300 mm-regop dele vas, soos op die foto. Volg dieselfde proses as in stap 1.[divider]

Skottelgoedrak stap 5a5 Gebruik nou die 8 x 45 mm-spaanderbordskroewe om die raamwerk aanmekaar te skroef, soos aangedui.[divider]

Skottelgoedrak stap 5bDie langer sye pas in die inlate wat in stap 3 gemaak is.[divider]

Skottelgoedrak stap 6a6 Lym nou die latte in posisie, soos aangedui. [divider]

Skottelgoedrak stap 6bVul enige gate met houtvulstof en skuur die rak liggies af met die orbitaalskuurder en 120-grintskuurpapier. [divider]

Verf dan die hele eenheid (of net ‘n deel daarvan) met houtonderlaag, gevolg deur emaljeverf. Ons het besluit om die raamwerk blou te verf en die latte ‘n afgewitte voorkoms te gee. Spasieer hulle omtrent 10 mm uitmekaar.