Gereedskap

- koordlose boor en 3 mm-boorpunt
- versinkboorpunt
- figuursaag
- orbitaalskuurder en 120- grint-skuurpapier
- G-klamp
- maatband
- winkelhaak
- potlood
Inkopielys
- 2 x 1 000 mm x 100 mm x 16 mm-Supawood (kante)
- 2 x 1 000 mm x 80 mm x 16 mm-Supawood (ingelate kante)
- 4 x 500 mm x 300 mm x 16 mm-Supawood (regop dele)
- 18 x 236 mm x 44 mm x 22 mm-dennehout (latte)
Ander
- agt 8 x 45 mm-spaanderbordskroewe (vir raamwerk)
- veertien 8 x 25 mmspaanderbordskroewe (om sykante en regop dele aanmekaar te skroef)
- watervaste houtlym
- houtvulstof
- vernis of houtonderlaag en emaljeverf
So maak jy
1 Begin deur die twee 1 000 mm x 80 mm-dele aan die 1 000 mm x 100 mm-kante vas te skroef, soos aangedui. Dit sal ‘n 20 mm-inlaat vir die latte vorm. Onthou om eers gidsgate te boor voor jy hierdie dele aanmekaarlym en skroef hulle dan met die 8 x 25 mmspaanderbordskroewe vas.
2 Gebruik die maatband, potlood en winkelhaak om 32 mm x 100 mm-blokkies te merk wat uit die hoeke van twee van die regop 500 mm x 300 mm-Supawood-dele gesaag moet word, soos aangedui.
3 Gebruik die G-klamp om die twee regop dele van 500 mm x 300 mm stewig in plek te hou terwyl jy die figuursaag gebruik om die hoeke wat jy in stap 2 gemerk het, uit te saag.
4 Skroef hierdie twee binneste regop dele nou aan die buitenste twee 500 mm x 300 mm-regop dele vas, soos op die foto. Volg dieselfde proses as in stap 1.
5 Gebruik nou die 8 x 45 mm-spaanderbordskroewe om die raamwerk aanmekaar te skroef, soos aangedui.
Die langer sye pas in die inlate wat in stap 3 gemaak is.
6 Lym nou die latte in posisie, soos aangedui.
Vul enige gate met houtvulstof en skuur die rak liggies af met die orbitaalskuurder en 120-grintskuurpapier.
Verf dan die hele eenheid (of net ‘n deel daarvan) met houtonderlaag, gevolg deur emaljeverf. Ons het besluit om die raamwerk blou te verf en die latte ‘n afgewitte voorkoms te gee. Spasieer hulle omtrent 10 mm uitmekaar.













Kook en wen R200 000!

Nog geen kommentaar.