Inkopielys
Kopstuk (vir ‘n dubbelbed)
Ons het dennehoutfineerspaanderbord gebruik.
- 2 lengtes van 2 500 x 950 mm, reg rondom afgekant (voor- en agterkante)
- 2 lengtes van 2 500 x 300 mm, afgekant oor die breedte (bo- en onderkante)
- 2 lengtes van 300 x 80 mm, afgekant oor die lengte (voetstukke)
- 1 lengte van 918 x 300 mm (middelste stut)
Rakke
Ons het weer dennehout gebruik.
- 4 lengtes van 450 x 220 mm
Bêrelaaie
Ons het dennehoutfineerspaanderbord gebruik.
- 4 lengtes van 800 x 258 mm, reg rondom afgekant (vertikale panele van laaie)
- 4 lengtes van 568 x 258 mm, afgekant oor die lengte (laaibodems en rakke)
- 2 lengtes van 800 x 600 mm, reg rondom afgekant (laai-agterkante)
- 2 lengtes van 870 x 330 mm, reg rondom afgekant (laaivoorkante)
Die res
- 75 mm-spaanderbordskroewe
- 40 mm-spaanderbordskroewe
- 32 mm-spaanderbordskroewe
- 16 mm-spaanderbordskroewe
- 2 stelle 600 mm-laaidraers
- houtlym
- twee handvatsels
Wat het jy nodig?
- maatband
- potlood
- elektriese boor en 3 mm-boorpunt
- koordlose skroewedraaier
- staalliniaal
- baanskuurder
Vir koningin- en koninggrootte kopstukke moet die lengte van die voor-, agter- en bokant, asook die onderkante 2 750 mm (standaard-paneelgrootte) bly. Pas net die posisie van die rakke aan elke kant daarvolgens aan.
1 Kopstuk: Merk die posisies van die rakke weerskante van die voorkantpaneel volgens jou eie keuse. Ons s’n is soos volg geplaas: Meet 50 mm van die kante en 100mm van onder vir die onderste rak. Meet 50 mm van die kante en 400 mm van onder vir die boonste rak.
2 Sit die rakke in posisie en merk die buitelyne met ‘n potlood om aan te dui waar dit vasgesit gaan word.
3 Boor vier leigate vir elke rakposisie deur die voorkantpaneel.
4 Smeer houtlym aan die rand van elke rak en sit elkeen van die agterkant af op sy plek vas met 75 mm-spaanderbordskroewe.
5 Sit die bo- en onderkantpanele aan die agterkantpaneel vas met lym en 40mm-spaanderbordskroewe.
6
Sit die middelste stut in posisie in die middel van die “kis” en lym en skroef dit met 40 mm spaanderbordskroewe vas.
7 Stut die agterkantpaneel met die bo- en onderkante op sy rug. Sit die voorkantpaneel met die rakke daarop neer. Sit dit so vas met lym en 40mm-spaanderbordskroewe.
8 Sit die voetstukke aan elke kant vas.
9 Bêrelaaie: Om een laai te maak moet jy twee vertikale laaipanele van 800 x 258 mm met 40 mm-spaanderbordskroewe aan die bodem en rakke (die stukke dennehoutfineerspaanderbord van 568 x 258 mm) vasskroef. Skroef ‘n laai-agterkant (‘n stuk dennehoutfineerspaanderbord van 800 x 600 mm) aan die laaivorm vas met 40 mm-spaanderbordskroewe. Maak die ander laai deur dieselfde metode te volg.
10 Sit die laaidraers aan die onderkant van elke laai vas met 16mm-spaanderbordskroewe.
11 Gebruik die staalliniaal en potlood om horisontale lyne van die voetstukke aan elke kant te trek. Sit die laaidraers met 16 mm-spaanderbordskroewe op dié lyn vas. Skuif die laaie in posisie op dié draers.
12 Sit die laaivoorkante soos volg aan die laaie vas: Boor twee gate in die
laaivoorkante (die twee stukke dennehoutfineerspaanderbord van 870 x 330 mm) waar die handvatsels vasgesit gaan word. Hou die voorkante in posisie en gebruik die 40mm-spaanderbordskroewe om dit van die voorkant af aan die vertikale laaipanele vas te skroef. Skroef nou die laaivoorkante stewig aan die vertikale laaipanele vas (van die agterkant af) met die 32 mm-spaanderbordskroewe.
Draai die 40mm-spaanderbordskroewe aan die voorkant uit en gebruik dieselfde gate om die handvatsels vas te sit. Vul al die skroefgate met houtvulstof op, skuur die hele eenheid sodat dit mooi glad is en werk die kopstuk af met houtbeits en vernis (soos ons gemaak het) óf gebruik ‘n houtgrondlaag en verf.











Comments are closed.