Kry jou motorhuis netjies

 

 

 

 

 

 

 

Voor ‘n mens jou oë kan uitvee, het die garage in ‘n liederlike steen des aanstoots verander. Volg hiérdie ses stappe om jou motorhuis tot orde te roep.

1 Raak ontslae van die rommel

Motorhuis stap 1Sorteer alles uit en raak ontslae van die rommel en goed wat jy nie meer nodig het nie. Hou net dít wat jy gebruik en gee alles weg wat vir iemand anders nuttig kan wees. Raak ook ontslae van gebreekte goed wat net plek opneem. As jy eers alles verwyder en met die sorteerproses begin het, kan jy die mure en vloer verf.[divider]

2 Verf die mure en vloer

Daar is geen rede hoekom jy nie jou garage soos enige ander vertrek in jou huis kan benader nie. Neem afmetings en teken ‘n vloerplan om jou te help visualiseer wat die beste waar gaan werk, net soos in jou kombuis of leefkamer. Moenie vergeet om die mure vir bêreplek te oorweeg nie.

Dis ook die perfekte tyd om die mure te verf, veral as dit tans kaal bakstene en sement is. Gebruik ligter kleure in klein ruimtes om dit groter te laat lyk en moenie bang wees om die garage met helder kleure op te vrolik nie. Dit kan ‘n vervelige ruimte in ‘n japtrap meer persoonlikheid gee sodat dit lekkerder is om daar te werk.

Oorweeg ook om die vloer te verf voordat jy pak- en bêreplek laat inbou en alles terugskuif. Gebruik verkieslik ‘n epoksiverf wat spesifiek vir vloere gemaak is,kyk na ons volledige selfdoenstappe hier

Silwerskoon vloer

Verf jou garagevloer met epoksiverf vir vloere om dit maklik skoon te hou.

Inkopielys

• epoksi-vloerverf – ons het Rust-oleum Epoxy Shield Garage
Floor Coating gebruik

Wat het jy nodig?

• verfroller
• besemsteel
• verfbak
• kwas met harde borselhare
• emmer

So maak jy

1 Maak die vloer deeglik skoon voordat jy begin verf – gebruik byvoorbeeld ook ‘n olie-en-vetverwyderaar om van oliekolle ontslae te raak. Span dan die skoonmaakoplossing (deel van die stel epoksivloerverf) of ‘n suikerseep-oplossing in om die vloer af te rond en van die laaste vetkolle of vuiligheid ontslae te raak. Was die vloer met skoon water en laat dit droog word.

Motorhuis stap 2.22 Meng die twee dele van die stel epoksiverf. Volg die aanwysings op die verpakking en laat dit ‘n tyd staan voordat jy dit aanverf.[divider]

Motorhuis stap 2.33 Gebruik ‘n roller (mediumpool) en besemstok om die epoksivloerlaag aan te verf. Verf eers al langs die kante van die garage en los ‘n “kanaal” in die middel van die vloer wat laaste geverf word. Volg die aanwysings op die verpakking en laat die vloer droog word (‘n mens moet gewoonlik 16-24 uur wag voordat jy op ‘n nuutgeverfde vloer mag loop, maar dis nóg beter om 48 uur te wag voordat jy die meubels of motor weer invat).[divider]

Wenk: As jy van ‘n effens grower vloer hou, kan jy sand by die epoksiverf inmeng voordat jy dit aanverf. As jy nie gemaklik is om dit op jou eie te doen nie, kan jy raad vra by jou naaste verfof ysterwarewinkel

3 Bêre klein en groot

Motorhuis stap 3Omtrent elke garage het spasie wat beter gebruik kan word om goed te bêre. Rakke is noodsaaklik in ‘n garage en dit hoef nie duur te wees nie. Dis by die meeste ysterwarewinkels te koop, óf jy kan duurder kabinette vir jou spesifieke behoeftes en beskikbare ruimte laat maak.[divider]

Bêre goed in houers sodat dit nie die werkbank of vloer vol lê – of vuil en vol stof raak – nie. Merk houers wat nie deurskynend is nie sodat jy altyd weet wat binne-in is. Ruim plek in om tuintoerusting soos gras- en randsnyers te bêre. Probeer die grassnyer onder ‘n rak parkeer en hang die randsnyer teen die muur.

Besluit watter toerusting jy die meeste gebruik – dis gewoonlik tuingereedskap en skoonmaakgoed – en bêre dit naby die deur. Ander seisoenale artikels wat baie plek in beslag neem, byvoorbeeld visstokke, waterski’s, kajakke en fietse, kan ook teen die muur gebêre of uit die plafon gehang word.

Afvalstukkies hout kan vir ‘n magdom take gebruik word, maar bêre dit in plastiekkratte.’n Rak wat op en af katrol kan word is perfek vir groter items. Dit kan direk aan die dakbalke vasgemaak word

Oorweeg gerus ou kombuiskaste vir ekstra pakplek in die garage.

Dak toe met jou

Maak dié bêrerak wat grond toe en weer terug na die garagedak katrol kan word.

Bêrerak[divider] Inkopielys

• standaarddeur
• 8 mm-moere en bypassende wasters
• tou
• ogieboute met 8 mm-draad
• ogieboute met selfsnydraad
• U-boute
• katrolle
• klosse (“cleats”)

Wat het jy nodig?

• koordlose boor
• 8 mm-boorpunt
• 5 mm-boorpunt

So maak jy

Bêrerak stap 11 Boor gate in die hoeke van die deur (of rak) vir die ogieboute. Sit die wasters en moere by. Maak die tou aan die ogies vas.[divider]

Bêrerak stap 22 Gebruik die tou as ‘n gids en merk en boor ooreenstemmende 5mm-leigate in die dakbalke vir die ogies met die selfsnydraad.[divider]

Bêrerak stap 33 Skroef nou die ogies in die dakbalke vas.[divider]

Bêrerak stap 44 Gebruik die U-boute om die katrolle aan die ogies vas te maak.[divider]

Bêrerak stap 55 Ryg die tou deur die katrolle en sit die klosse teen die muur vas.[divider]

‘n Hangrak met ‘n katrolstelsel sodat jy dit maklik grond toe kan laat sak, is perfek vir bêrebokse of -kratte wat jy af en toe nodig het, maar wat te veel plek inneem.

Sit kolligte teen die dakbalke bo werkoppervlakke om seker te maak daar is genoeg lig. ‘n Standaardgaragelig sal waarskynlik ‘n klomp skaduwees veroorsaak.
Dié ligte wat vir ekstra taakbeligting sorg, is relatief goedkoop en maklik om te installeer.

Dis maklik om op ‘n gaatjiesbord plek in te ruim vir ‘n groot verskeidenheid gereedskap. Met glasflesse kan jy in ‘n japtrap sien wat binne-in is.

4 Organiseer die werkplek

Span leë heuning- of konfytflessies in as bêreplek vir moere, skroewe, boute en ander klein items. Maak die deksels aan die onderkant van ‘n rak of kas vas. Skaf goedkoop gaatjiesbord en hakies aan. Orden jou handgereedskap en verfkwasse deur dit op die gaatjiesbord te monteer – sit ‘n druppel warm gom op die hakies sodat dit in die gaatjies bly.

Jy kan ook jou eie opvou-werkbank bou (kyk na ons projek op bl. 44 in die Oktober 2005-uitgawe). Die harde sementvloer kan ‘n mens se voete en rug opkeil. Oorweeg dit gerus om die dele van die vloer waar jy meestal staan, met afvalstukke mat, plat kartonbokse of plastiek- of rubbermatte te bedek.

5 Dink aan veiligheid

Motorhuis stap 5.11. Gebruik ‘n knipslot op ‘n kasdeur sodat jy giftige chemikalieë veilig agter slot en grendel kan bêre.[divider]

Motorhuis stap 5.22. Ruim ‘n veilige bêreplek in waar jy gevaarlike reinigers soos terpentyn en verfverdunner of chemise middels soos plaagdoders en verf kan bêre sodat jou kinders nie daarby kan uitkom nie. Moenie chemiese middles saam met stukke lap of papier bêre nie – dit skep ‘n brandgevaar.[divider]

Motorhuis stap 5.33. Skerp stukke tuingereedskap moet buite bereik opgehang word en ander skerp stukke moet in kaste toegesluit of in bokse gebêre word.[divider]

6 Beskerm jou kar

Die meeste garages word vir motors gebou. Dis oor die algemeen nie ‘n goeie plan om jou garage as werkswinkel én bêreplek vir die motor in te span nie omdat die motor gedurig vol stof en saagsels sal wees. Indien moontlik, moet ‘n garagewerkswinkel net vir dié doel gebruik word.

Daar is ‘n paar maniere om jou kar te beskerm as jy nie genoeg ruimte het nie en noodgedwonge jou garage vir albei take moet gebruik.

Motorhuis stap 6.2Span Hilti-muurankers en breë wasters in om ‘n stuk mat regoor die motordeure teen die muur vas te sit. Dit sal die deure teen krapplekke beskerm as jy dit per ongeluk teen die muur kap.[divider]

Motorhuis stap 6.1Jy kan ook ‘n tafeltennisbal wat met wasters swaarder gemaak is of ‘n gewone tennisbal aan ‘n tou vasmaak en dit van die dakbalke af hang sodat dit net-net aan die voorruit raak wanneer die kar perfek geparkeer is.[divider]

Só sal jy nie per ongeluk die kar teen die muur of werktafel stamp nie. Dié stelsel is ook perfek om seker te maak jy trek die kar diep genoeg in sodat die garagedeur nie daarteen kap as jy die deur wil sluit nie.