Skryf nou in vir Regruk met Flair 2017!

Regruk met flair 2017

AANDAG, ALLE OPKNAPPERS: SKRYF NOU IN VIR REGRUK MET FLAIR 2017

As jy ’n passie vir opknap het, of die geleentheid soek om jou regruk-spiere te bult, is ons jaarlikse Regruk met Flair-kompetisie die perfekte geleentheid! Stuur eenvoudig foto’s van jou projek in – en jy kan wegstap met jou deel van R73 000 se welkome koopbewyse.

Ons Regruk met Flair-kompetisie wys vir die 9de agtereenvolgende jaar waartoe Suid-Afrika se vernuftigste opknappers in staat is – dis mense wat nie skrik vir hande vuilmaak nie en in die proses ook graag ’n geldjie spaar!

En onthou: Jy kan enigiets inskryf – van ’n hele huis tot net een vertrek.

SKRYF SO IN:

Besoek fixit.tuis.co.za en volg die stappe; dit is nou nog makliker om jou projek met ons te deel.  As jy enige navrae het, stuur e-pos na roxanne.cloete@media24.com of skakel 021 408 3815. Maak asseblief seker jy verskaf hoëresolusie-foto’s (minstens 2MB elk).

INSKRYWINGS SLUIT 30 Junie 2017

BELANGRIK Onthou die volgende:

  • Jy moet kortliks verduidelik wat jou projek behels.
  • Jy moet ’n uiteensetting van die koste insluit.
  • Projekte moet oor die afgelope drie jaar plaasgevind het. Die huismense moet minstens 50% van die werk self gedoen het.

BUCO (voorheen Pennypinchers) en Timbercity borg die kompetisie.R73 000 se koopbewyse is op die spel! Die wenners ontvang ’n R35 000- koopbewys, en daar is talle ander koopbewyse vir die inskrywings wat deurdring tot die top-10 en top-5.

SKRYF HIER IN!

WEB-FOOTERS-afr