Regruk met Flair 2016: Hier is die Top-10!

Die inskrywings vir Regruk met Flair 2016 was ’n allegaartjie van kreatiwiteit en inspirasie.

Ons weet nou al aan ondernemingsgees ontbreek dit by Tuis-lesers nie in die minste nie. En die inskrywings vir vanjaar se kompetisie was soos altyd ’n bewys van hoe vindingryk en geldslim hulle kan wees wanneer dit by huis-opknapprojekte kom.

Toe die Tuis-span deur die inskrywings moes sif om die semi-finaliste te kies, was dit ’n geval van kyk, wéér kyk en selfs koppe stamp – daar kon net 10 wees! Soos die reëls voorskryf, moes die eienaars minstens 60% van die werk self gedoen het, en elkeen van dié deelnemers het met oorgawe hul moue opgerol om hul drome te laat waar word.

Hier is hulle, in geen bepaalde volgorde nie:

#1: Candice Theunissen en Cornelius Stanley

#2: Mark en Cheryl Kelman

#3: Jonathan en Kelly Croeser

#4: Gert en Martie Koeglenberg

#5: Marieta Maree

#6: Andrew en Victoria Zekveld

#7: Stephan en Lumé Reiter

#8: Dewald en Erika van Zyl

#9: Sias en Lisa Reynolds

#10: Werner en Tanja Schneeberger

STEM & WEN!

Regruk-met-Flair-stem-pryse

Vanjaar het Tuis-lesers ook ’n sê in wie uiteindelik tot die top-5 deurdring! En die beste van als? Daar’s lekker pryse op die spel vir almal wat ’n aanlynstem uitbring.

DIE PRYS
Drie gelukkige lesers kan elk ’n lekker geskenkpak met ’n Alcolin-geskenkpak, ’n retro-handstuk en ’n gereedskapsgordel van Pennypinchers.

SLUITINGSDATUM
Vrydag 2 September om 12:00

SKRYF SÓ IN
Gaan na fixit.tuis.co.za, en klik op die Top-10-kategorie – hier kan jy vir jou gunstelinge stem. Klik op die sterretjies onder die naam by elke inskrywing om vir daardie inskrywing te stem. Jy kan vir elk van die Top-10 ’n punt uit 5 toeken. Vyf sterretjies is tops!

Jy kan tot 20 keer vir elke Top-10-inskrywing stem, maar jy kan jou keuse met soveel mense moontlik op Facebook deel en hulle aanmoedig om ook te stem.

Om in aanmerking te kom vir die prys, los ’n kommentaar onderaan jou gunsteling-inskrywing van die Top-10 op fixit.tuis.co.za. Dis so maklik!

WEB-FOOTERS-afr