Ontmoet die 2016 Regruk met Flair-wenners!

Die inskrywings vir Regruk met Flair 2016 was ’n allegaartjie van kreatiwiteit en inspirasie.

Ons weet nou al aan ondernemingsgees ontbreek dit by Tuis-lesers nie in die minste nie. En die inskrywings vir vanjaar se kompetisie was soos altyd ’n bewys van hoe vindingryk en geldslim hulle kan wees wanneer dit by huis-opknapprojekte kom.

En hier is die wenprojek nou! Andrew en Victoria Zekveld is as 2016 se Opknappers van die Jaar aangewys by ons Regruk met Flair-galageleentheid by Le Bac-landgoed. Hul pragtige kombuis sal te sien wees in die Februarie 2017-uitgawe!

Hulle wen ’n R30 000-geskenkbewys van Pennypinchers Timbercity om hul volgende opknapprojek mee te takel.

“Ons het geweet ons het dit reg gedoen, toe ons kans gesien om alles weer van voor af te doen, nes ons dit die eerste keer gedoen het,” sê Andrew. Veels geluk!

andrew-victoria-zekveld

penny-pinchers-and-timbercity

WEB-FOOTERS-afr