Suurlemoen-en-knoffel tuna-steaks met artisjokke

Suurlemoen en knoffel tuna steaks met artisjokke
Metode:
Kombuis:

Onthaal hoef nie ‘n ingewikkelde gedoente te wees nie. Sit hierdie visgereg voor saam met gekookte baba aartappels of donssagte kapokaartapels.

Ingredients and Method

Onthaal hoef nie ‘n ingewikkelde gedoente te wees nie. Sit hierdie visgereg voor saam met gekookte baba aartappels of donssagte kapokaartapels.

Genoeg vir: 4 porsies
Bereidingstyd: 10 minute
Gaarmaaktyd: 10 minute

Bestandele

4 tunasteaks (elk sowat 200 g)
sout en varsgemaalde swartpeper na smaak
80 ml olyfolie
2 vet koffelhuisies, gekneus
30 ml vars suurlemoensap
15 ml varsgerasperde suurlemoenskil
1 blik (400 g) artisjokharte, gedreineer
250 ml vars Italiaanse pietersielie, gekap

Metode

1 Geur die tunasteaks met sout en varsgemaalde swartpeper. Verhit ’n braaipan oor hoë hitte. Verf die tunasteaks met olyfolie en braai in die warm braaipan vir 1-2 minute aan elke kant (dit is verkieslik om tunasteaks nie deurgaar te maak nie, maar eerder mediumgaar). Hou die tunasteaks warm.

2 Verminder die hitte van die stoofplaat en gooi 30 ml olyfolie in dieselfde braaipan. Soteer die knoffel vir sowat 1-2 minute voordat jy die suurlemoensap en -skil en die artisjokharte byvoeg. Verhit tot deurwarm en roer die pietersielie laastens deur. Sit die sous saam met die tunasteaks voor.

Nog geen beoordelings

beoordeel hierdie resep

Wat dink jy van hierdie resep? Laat 'n ster-gradering, skryf' n resensie en druk op stuur.

Jy sal hierdie resep moet gradeer voordat jy jou resensie kan stuur.