Spek-en-boontjiesop

Spek-en-boontjiesop
Metode:
Kombuis:

Die sopresep is maklik en vinnig – perfek vir weeksaande.

Ingredients and Method

Die sopresep is maklik en vinnig – perfek vir weeksaande.

Genoeg vir: 6 mense
Bereidingstyd: 15 minute
Gaarmaaktyd: 50 minute

40 ml olyfolie
6 varkrepe (“rashers”), in blokkies gesny
1 groot ui, fyngekap
3 wortels, gekap
3 selderyvingers, fyngekap
2 groot murgpampoentjies, gekap
1 x 410 g-blik gekapte tamaties, Italiaanse styl
1 liter hoenderaftreksel
2 x 420 g-blikke cannellini-boontjies, gedreineer en afgespoel

1 Verhit die olie in ’n kastrol en braai die varkvleis, ui, wortels en seldery vir ongeveer 5 minute oor hoë hitte tot die vleis gaar en die groente glansend is. Voeg die murgpampoentjies, tamaties en hoenderaftreksel by.

2 Verhit tot kookpunt en prut dan oor lae hitte vir ongeveer 40 minute. Geur met sout en peper, voeg die boontjies by en verhit vir nog ’n paar minute tot deurwarm. Maak ’n derde van die sop met ’n voedselverwerker fyn en gooi dit terug in die pot. Sit die sop stomend warm voor met lepels basiliepesto of ’n skeut olyfolie en vars brood.

Nog geen beoordelings

beoordeel hierdie resep

Wat dink jy van hierdie resep? Laat 'n ster-gradering, skryf' n resensie en druk op stuur.

Jy sal hierdie resep moet gradeer voordat jy jou resensie kan stuur.