Moenie skrik vir die rou salm nie, maar as jy glad nie daarvoor kans sien nie, kan jy dit met gerookte salm vervang.
Ingredients and Method
Genoeg vir: 4 (as voorgereg)
Bereidingstyd: 15 minute
- 250 g vars Noorweegse salmfilette (maak seker jy gebruik die varsste vis)
- 6-8 slaai-uitjies, fyn gekap
- 15 ml kappertjiesaad, fyn gekap
- 30 ml agurkies, fyn gekap
- 15 ml suurlemoensap
- 30 ml Italiaanse pietersielie, fyn gekap
- 30 ml dik mayonnaise van goeie gehaltesout en vars gemaalde swartpeper na smaak
- crème fraîche en kaviaar vir garnering
1 Kap die salm fyn en meng dit met die uitjies, kappertjiesaad, agurkies, suurlemoensap, pietersielie en mayonnaise. Geur na smaak met sout en vars gemaalde swartpeper en druk dan die mengsel in vormpies soos ramekins of teekoppies. Hou dit in die yskas totdat jy dit wil voorsit, of keer dit dadelik op opdienborde uit.
2 Garneer met ‘n lepel vol crème fraîche en kaviaar en
sit voor.
Wynvoorstel: By salm en kaviaar sal net opregte Méthode Cap Classique-vonkelwyn of yskoue vodka deug! (Maar sauvignon blanc is ook goed genoeg.)







