Vark-en-kasjoeneutroerbraai

Lus vir iets buitengewoon? Maak Oosterse roerbraai met vark.

vark-en-kasjoeneutroerbraai-nuusbrief

Genoeg vir: 4
Bereidingstyd: 15 minute
Gaarmaaktyd: 20 minute

• 30 ml olyfolie
• 1 groot varkfilet, in repies gesny
• ½ koolkop, fyngesny
• 2 wortels, geskil en gerasper
• 1 bossie sprietuie, gekap
• 2 rooi brandrissies, gekap
• 2 knoffelhuisies, fyngekap
• 100 g kasjoeneute, fyngekap
• 10 ml elk vis- en sojasous
• skil en sap van 2 lemmetjies
• ment en koljanderblaartjies

1 Verhit ’n wok tot lekker warm. Giet 15 ml olie daarin en braai die vleis vinnig oor hoë hitte tot goudbruin. Skep uit. Voeg die res van die olie by en braai die kool, wortel, sprietuie, brandrissie en knoffel vir ’n minuut of twee.

2 Skep die vleis terug in die pan en voeg die neute by, geur na smaak met vis- en sojasous en lemmetjiesap en -skil, en sprinkel die kruieblaartjies oor. Sit dadelik voor met rys.

KOS-footers-2