Tamatie-tarte tatin

Gebruik die seisoen se oorvloed vir hierdie geurige, flambojante tert.

Tamatie-tarte-tatin-nuusbrief
Genoeg vir: 4-6
Bereidingstyd: 15 minute
Baktyd: 25 minute
Oondtemperatuur: 200 °C

  • 30 ml balsemiekasyn
  • 30 ml suiker
  • 15 ml vars tiemieblaartjies
  • 400 g kersietamaties
  • 400 g skilferkorsdeeg, ontdooi
  • 100 g mozzarella-, bokmelk- of parmesaankaas
  • basiliekruidblare
  • 30 ml olyfolie

1.  Voorverhit die oond. Gooi die asyn, suiker en tiemie in ’n kleefvrye braaipan en verhit dit oor lae hitte. Roer die mengsel tot al die suiker opgelos het en verhit dit dan tot kookpunt. Gooi die tamaties by en roer deur tot dit oraloor met stroop bedek is. Haal die pan van die plaat af en laat dit eenkant staan om af te koel.

2.  Smeer ’n tertbak met ’n bietjie botter en rangskik die tamaties op die bodem. Drup die stroop oor. As jou braaipan in die oond gebruik kan word, kan jy die tamaties daarin los en net die deeg booor sit. Sit ’n vel skilferkorsdeeg oor die tamaties – sny die deeg om netjies te pas en vou die rande effens langs die tamaties in.

3. Bak die tert vir 20-25 minute of tot die deeg uitgerys en goudbruin is. Sit ’n groot bord onderstebo oor die tert en keer dit om sodat die tert met die tamatiekant na bo lê.

4. Skeur die mozzarellakaas in stukke en sprinkel dit bo-oor. (Krummel fetakaas as jy dit gebruik, óf maak parmesaanskaafsels.)

5. Sprinkel die basilieblare oor en drup dan die olyfolie oor. Sit voor.

 

KOS-footers-2