Romerige hoenderkerrie

’n Heerlike, winterwarm aandete.

Romerige-hoenderkerrie-nuusbrief

Genoeg vir 4
Bereidingstyd: 30 minute
Gaarmaaktyd: 30 minute

• 4 vet hoenderborsies, in blokkies gesny
• 10–20 ml hoender-masala of tandoori-speserye
• 2 knoffelhuisies, gekap
• 1 duim gemmer, geskil en gekap
• 15 ml tamatiepuree
• 250 ml botterskorsieblokkies
• 30 ml olie
• 5 ml vinkel- of selderysaad
• 10 ml elk botter en olie
• 250 ml room
• vars koljander vir garnering
• basmatirys vir voorsit

1. Meng die hoender met die speserye, knoffel, gemmer en tamatiepuree en laat staan vir sowat 20 minute.

2. Sprinkel die olie en vinkelsaad oor die botterskorsie en rooster dit vir sowat 20 minute onder die roosterelement tot geurig en gaar. Roer indien nodig.

3. Verhit die olie en botter saam en braai die hoender tot alkant bruin. Voeg die room by en kook driftig vir ’n paar minute. Skep die botterskorsie by en sit voor met vars kruie en basmatirys.