Pastagebak met olywe, spinasie en kaas

Pastagebak-met-olywe-spinasie-en-kaas-800x600

Genoeg vir: 4
Bereidingstyd: 20 minute
Gaarmaaktyd: 25 minute
Oondtemperatuur: 200 °C

• 300 g spinasie, goed gewas
• 15 ml olyfolie
• 400 g gemengde sampioene
• 250 ml mascarponekaas
• 1 wiel camembertkaas, in blokkies gesny
• 100 g ontpitte groen olywe (opsioneel)
• 400 g pastaskulpe, net gaar gekook
• 200 ml gerasperde parmesaankaas

Sny die are uit die spinasieblare en kap die are fyn. Panbraai dit saam met die sampioene in die olyfolie tot die sampioene lekker bruin is. Kap die spinasieblare fyn en roer dit by die sampioene. Sit die deksel op en stoom vir ’n minuut of twee totdat die blare verwelk het. Voeg die mascarpone, camembert en olywe by, en geur met sout en peper. Roer die mengsel deur die pasta en skep dit in ’n gesmeerde oondvaste bak. Sprinkel die parmesaan oor en bak tot goudbruin (sowat 20 minute).