Mexikaanse eiers

Gebruik bekostigbare proteïen soos eiers om maaltye te rek. Dié heerlike resep kan ook in individuele pannetjies berei word.

meksikaanse-eiers-nuusbrief

Genoeg vir: 4
Bereidingstyd: 20 minute
Gaarmaaktyd: 20 minute

• 1 ui, gekap
• 1 wortel, fyngekap
• 15 ml olyfolie
• 1 blik tamatie met Mexikaanse speserye
• 1 blik rooi nierboontjies, gedreineer en gespoel
• 8 eiers

Braai die ui en wortel in die olie tot glansend. Roer die tamaties en boontjies by en verhit tot deurwarm. Proe en geur met sout en peper, vars rissie en kruie na smaak. Breek die eiers een-een in ’n bakkie en glip dit versigtig in die sous. Bedek en laat prut stadig tot die eiers gaar is. Sit voor met avokado, suurroom en tortillas of tortilla-tjips.

Lus vir iets anders?

Kerriehoenderslaai

Kerriehoenderslaai

 

KOS-footers-2