Colleen Walker, ‘n leser van Knysna, deel haar Ouma Holly se appelkoek.
Leserresep Mei 2012
Related Posts
Deel
Subscribe to our e-mail newsletter to receive updates.
Verwante Artikels:
0512, appel, appelkoek, bakpoeier, botter, featured, leserresep, meel, melk, ouma holly, sout, suiker, tuis tydskrif, tuis.co.za, vanielje











April 2012 uitgawe, bl 119 resep vir Gesondheidsblokkies, het nie korrek uitgekom nie.
Hopeloos te krummelrig. Bevestig asseblief of daar nie bindmiddel (eiers) of vloeistof moet in die resep bygevoeg word nie.
Ek verneem graag van julle. Is die resep deur julle “kombuis” getoets?
Baie dankie
Melinda Bester
Goeie middag Melinda
Ek is baie jammer om te hoor dat die gesondheidsblokkie resep in die April uitgawe van Tuis nie vir jou watswonders gewerk het nie.
Die resep is getoets en soos jy op die foto kan sien, het dit gewerk. Die botter, heuning en koeksoda wat saam gesmelt word hou die blokkie bymekaar en geen verdere bindmiddel is nodig nie. Die blokkies het ‘n effens krummelrige tekstuur, maar hou vorm as die megsel goed genoeg deurgemeng is voordat dit in die oondpan gedruk word. Ek weet nie regtig hoe om verder raad te gee nie. Oonde verskil, hoogte bo seespieël kan gebak beïnvloed en so ook die vog inhoud van jou bestanddele. Indien jy wel die resep weer wil probeer, kan jy ‘n klont meer botter en heuning byvoeg as die mengsel te droog lyk voor jy dit bak.
Weereens jammer vir enige ongerief, kontak ons gerus weer indien jy enige verdere vrae het.
Vriendelike groete
Johané Neilson
Assistant Food Editor
Tydens ‘n onlangse see-vakansie het ons hierdie appelkoek gebak (leserresep Mei 2012). Dis die maklikste koekresep wat ons nog teegekom het en die eindresultaat was smul-lekker!
Ouma Holly se appelkoek. Is dit net beskikbaar vir lesers van die tydskrif.
Ek word verwys na ander link…….wat so swak funksionerend is.
Regtig teleurstellend.
Ons kry nie altyd die tydskrif, maar as ek dit teekom in die groter stede -
koop ek dit altyd.
Goeie dag, Marietjie.
Die resep is aan alle lesers beskikbaar. Dit is in video-formaat.