Hoendersop met noedels

Winter is nie winter sonder dié sop nie, veral as jy ’n energie-hupstoot soek of jou ma mis.

Hoender-noedelsop-nuusbrief

Genoeg vir ’n hele pot
Bereidingstyd: 40 minute (plus aftreksel-tyd)
Gaarmaaktyd: 2 uur

• 30 ml botter
• 3 preie, gekap
• 4 wortels, geskil en in blokkies gesny
• 3 selderystingels, gekap
• 1 vinger vars gemmer, geskil en gerasper
• 3 ml rissievlokkies
• 1 raap, geskil en in blokkies gesny
• 2 witwortels, geskil en in blokkies gesny
• 1 middelslag-patat, geskil en in blokkies gesny
• 2 aartappels, geskil en in blokkies gesny
• ’n bossie sopseldery, gekap
• 200 g noedels
• 60 ml platblaarpietersielie, gekap
• suurlemoen na smaak

AFTREKSEL

• 15 ml olyfolie
• 1 ui, grofgekap
• 3 wortels, gekap
• 1 heel hoender, in stukke gesny
• 1 bouquet garni (stingel pietersielie, takkie tiemie, lourierblaar, 8 peperkorrels)
• 3 liter water

1. Maak die aftreksel Braai die groente in die olie tot lekker bruin. Skep die hoender bo-op saam met die bouquet garni en giet die water oor. Bring tot kookpunt en laat prut stadig vir sowat 1 uur. Skep die hoender uit en vlok die vleis (gooi die vel en bene weg). Giet die aftreksel deur ’n sif (gooi die groente weg).

2. Maak die sop Smelt die botter in ’n groot kastrol en braai die preie, wortels, seldery en gemmer saam tot glansend. Voeg die rissievlokkies en die res van die groenteblokkies en sopseldery by, gevolg deur die behoue aftreksel, en laat prut vir sowat 30 minute tot gaar.

3. Roer die noedels by (ek hou daarvan om dit in stukkies te breek) en kook volgens die aanwysings op die pakkie tot gaar.

4. Roer die gevlokte hoendervleis by die sop en sprinkel die pietersielie by. Geur nou die sop na smaak met sout, peper en suurlemoensap. Sit stomend warm voor.

Lus vir iets anders?

Coq au vin-sosaties

Coq au vin-sosaties

KOS-footers-2