Hoendernoedelsop met gemmer

Hoendernoedelsop-met-gemmer-800x600

Genoeg vir: 4
Bereidingstyd: 10 minute
Gaarmaaktyd: 25 minute

• 5 ml olyfolie
• 4 preie, gekap
• 1 knoffelhuisie
• 2 groot wortels, geskil en in klein blokkies gesny
• 4 hoenderborsfilette, in blokkies gesny
• 1 duim vars gemmer, geskil en dungesny
• 1,5 liter hoenderaftreksel, verkieslik tuisgemaak
• 6 babamielies, gekap
• 200 g eiernoedels, gaar
• sap van 1 lemmetjie (of na smaak)
• vars koljander

Braai die preie, knoffel en wortel in die olie tot sag. Voeg die hoender, gemmer en aftreksel by, en laat dit stadig prut vir 15 minute of tot die hoender net gaar is. Roer die babamielies, noedels en lemmetjiesap by. Geur met sout en peper, of sojasous. Sit die sop voor sodra dit deurwarm is en sprinkel ’n bietjie vars koljander oor.