Hoenderlewertjies met byt

Dié hoenderlewertjies is in ’n japtrap klaar en vrek lekker!

hoenderlewertjies-met-byt-nuusbrief

Genoeg vir: 8 porsies
Bereidingstyd: 20 minute
Gaarmaaktyd: 15 minute

• 1 kg vars hoenderlewertjies, skoongemaak
• 125 g botter
• sout en varsgemaalde swartpeper na smaak
• 2 uie, gekap
• 2 vet knoffelhuisies, fyngekap
• 1 duimgroot stuk vars gemmer, geskil en fyngekap
• 10 ml komynsaad, gerooster
• 10 ml borrie
• 30 ml garam masala matige kerriepoeier
• 2 brandrissies, ontpit en fyngekap
• 1 kg tamaties, skille afgetrek en fyngekap (of drie 410g-blikke gekapte tamaties)
• 400g bevrore ertjies
• suiker na smaak
• 2 hande vol vars koljanderblare

1. Verhit die botter en braai die hoenderlewertjies tot bruin, maar nog pienk aan die binnekant. Skep dit uit, geur met sout en swartpeper en hou eenkant.

2. Braai die uie in dieselfde braaipan oor lae hitte terwyl jy dit aanhoudend roer. Voeg die knoffel, gemmer, komynsaad, borrie, garam masala en brandrissies by. Roer en laat dit vir sowat 1-2 minute stadig prut. Voeg die tamaties by, verhit tot kookpunt en laat vir sowat 10 minute prut. Voeg die ertjies net voor opskeptyd by en verhit tot deurwarm. Geur met sout, swartpeper en ’n bietjie suiker.

3. Voeg die hoenderlewertjies by sodra die sous weer begin prut. Voeg ook ’n hand vol van die vars koljanderblare by en laat vir sowat 5 minute prut totdat alles deurwarm is. Garneer met nog ’n hand vol vars koljanderblare en sit saam met Portugese broodrolletjies en ’n bak vars slaai voor.

 

KOS-footers-2