Gebakte reënboogkaaskoek

Dié kleurvolle nagereg op ’n boomstomp as koekstaander gaan almal om jou tafel laat oe! en a!

gebakte-ree%cc%88nboogkaaskoek-main

Genoeg vir: 1 x 22 cm-kaaskoek
Bereidingstyd: 45 minute
Gaarmaaktyd: 1 uur 15 minute
Oondtemperatuur: 180 °C

KORS
• sowat 150 g semelkoekies
• sowat 80 ml botter

VULSEL
• 750 g roomkaas by kamertemperatuur
• 200 g strooisuiker
• knippie sout
• gerasperde skil van 1 lemoen
• 5 ml vanieljegeursel
• 3 ekstragroot eiers
• 250 ml suurroom
• vrugte vir bolaag

1. Voorverhit die oond. Spuit ’n 22 cm-losboomkoekpan met kleefwerende sproei en bedek die buitekant met foelie. Die kaaskoek word in ’n waterbad gebak en die foelie keer dat enige vulsel uitlek of water inloop. Krummel die koekies, smelt die botter en meng saam. Druk die koekies onderin die pan om ’n kors te vorm. Bak vir 10 minute.

2. Klits die roomkaas, strooisuiker, sout, lemoenskil en vanielje saam tot glad. Voeg die eiers een-een by en klits goed na elke byvoeging. Klits laastens die suurroom by en giet die mengsel op die gebakte kors. Sit die kaaskoek in ’n oondbak met genoeg warm water dat die koekpan halfpad daarin staan. Bak vir 1 uur, toets of die vulsel nog loperig is en bak vir nog 15 minute, indien nodig; as die bokant te bruin raak, bedek met bakpapier of foelie. Skakel die oond af en laat die kaaskoek vir nog ’n uur in die oond rus. Laat afkoel en sit oornag in die yskas.

3. Vir die bolaag Pleks van die hele koek met een geur te versier, het ons die kleurwiel as inspirasie vir dié reënboogkaaskoek gebruik en elke skyf ’n ander baadjie gegee. Sagte koejawelpienk, donker framboospienk, rooi aarbei, blou bloubessies, pers gesiggies, groen kiwivrug, geel pynappel en oranje appelliefies.

 

Lus vir iets anders?

Hummingbird-koek

Hummingbird-koek