Gebakte eiers met worsies

Oorskiet-braaivleis is ook ideaal vir dié resep

[divider]

Genoeg vir: 4
Bereidingstyd: 5 minute
Gaarmaaktyd: 30 minute
Oondtemperatuur: 180 °C

• 1 ui, gekap
• 15 ml olyfolie
• 1 knoffelhuisie, gekap
• 1 blik keker-ertjies, gedreineer
• 300 g baba-spinasieblare gewas
• gaar boereworsstukke, in happiegroot stukke gesny
• 200 ml roomkaas met ’n grasuie-geur
• 8 eiers

1 Braai die ui in die olie tot glansend. Voeg die knoffel, keker-ertjies en spinasie by en braai tot die spinasie sag is. Roer die wors en roomkaas by en verhit tot deurwarm. Skep dit in vier gesmeerde bakkies met ’n inhoudsmaat van 350 ml.

2 Breek twee eiers in elke bakkie, geur dit met sout en peper en bak dit sowat 20 minute of tot deurgaar. Sit dit voor met brood as ’n ligte aandete of selfs vir ontbyt.

Verwante artikels

Vinnige varkpasteitjies
Kaasworssosaties