Coq au vin-sosaties

Coq-au-vin-sosaties-nuusbrief

Genoeg vir 12 sosaties
Bereidingstyd: 15 minute, plus 3 uur marineertyd
Gaarmaaktyd: sowat 20–25 minute oor matige kole

• 24 klein hoenderdyfilette (of 12 groot dyfilette, elk in twee gesny)

• 750ml pinot noir

• 5 tiemietakkies

• 28 lourierblare

• 6 klein uitjies

• 18 repe spek

• 12 heel dwergsampioene

1. Sit die hoender in ’n marinadebak en bedek met die wyn waarby die tiemie en 4 van die lourierblare gevoeg is. Plaas vir sowat 3 uur in die yskas. (Hoe langer die hoender lê, hoe meer pekel dit en hoe korter sal die braaityd wees).

2. Halveer intussen die uitjies en braai hulle in ’n warm pan tot alkante goudbruin, maar nie pap nie. Skep uit en laat afkoel.

3. Halveer 6 van die repe spek en vou elke uihelfte in ’n halwe reep spek toe. Draai die sampioene elk in ’n heel reep spek toe. Haal die hoender uit die yskas (behou die marinade – sien wenk oorkant). Ryg nou twee blokke hoender, twee uihelftes en ’n sampioen met lourierblare tussenin op elke stokkie en braai dit oor matige kole tot gaar, maar steeds sappig. Geur met sout en peper.

 

KOS-footers-2