Botterskorsieslaai met roket en parmesaan

’n Heerlike bygereg. Gebruik gerus ’n verskeidenheid pampoen vir dié resep en voeg ’n paar repe prosciutto by.

Botterskorsieslaai-nuusbrief

Genoeg vir: 6 porsies
Bereidingstyd: 20 minute
Oondtemperatuur: 180 °C
Gaarmaaktyd: 30–45 minute

• 1 kg botterskorsie (of gebruik ’n verskeidenheid pampoen soos op die foto)
• 10–12 klein uitjies
• 30–45 ml olyfolie
• sout en varsgemaalde swartpeper
• ’n hand vol vars salieblare
• 100 g pekanneute, gekap
• vier hande vol vars roketblare
• parmesaanskaafsels

SLAAISOUS

• 50 ml olyfolie
• 30 ml appel- of witwynasyn
• 20 ml heuning
• 10 ml korrelrige mosterd

1. Voorverhit die oond. Skil die botterskorsie en sny dit in wiggies of groterige blokkies. Sit dit saam met die uitjies in ’n oondpan, drup olyfolie daaroor en geur dit met sout, swartpeper en salieblare. Rooster dit in die oond totdat die puntjies van die groente begin swart verkleur. As jy wil, kan jy die neute ook rooster – voeg dit dan ná sowat 15 minute by die groente.

2. Berei die slaaisous deur al die bestanddele saam te klits of te skud in ’n skroeffles.

3. Pak die slaaibestanddele op ’n dienbord. Garneer dit met roketblare en parmesaanskaafsels en drup die slaaisous oor die warm slaai.

Lus vir iets anders?

Groenboontjies en geroosterde groente

Groenboontjies en geroosterde groente

KOS-footers-2