3 Paasfeesbederfies met basiese koekiedeeg

Huletts Icing Sugar is die geheime bestanddeel in dié lekkernye.

BASIESE KOEKIEDEEG

Dié staatmaker-resep vorm die basis vir drie heerlike Paasfeesbederfies.

Lewer sowat 24 koekies, afhangend van die grootte
Bereidingstyd: 30 minute, plus rustyd
Baktyd: 10–15 minute per plaat
Oondtemperatuur: 180 °C

• 250 g botter, sag
• 130 g (250 ml) Huletts Icing Sugar, gesif
• 1 eier, geskei
• 2 ml vanieljegeursel
• 375 g (670 ml) koekmeel, gesif

1. Klits die botter en versiersuiker saam tot lig en romerig. Voeg die eiergeel en vanieljegeursel by en meng goed. Voeg die meel by en meng tot ’n sagte, kniebare deeg. As die mengsel te droog voel, meng die eierwit bietjie vir bietjie by tot dit die regte tekstuur het. Vorm dit in ’n plat sirkel, bedek met kleefplastiek en laat rus vir 10 minute in die yskas.

2. Rol die deeg uit op ’n oppervlak wat liggies met meel bestrooi is en druk vorms van jou keuse uit. Sit die koekies op gesmeerde bakplate en bak in ’n voorverhitte oond vir sowat 10–15 minute tot effens verkleur. Laat die koekies op ’n draadrak afkoel en bêre in ’n lugdigte houer.

Paaseier-koekies

PAASEIER-KOEKIES

• 12 eiervormige vanieljekoekies
• 12 eiervormige vanieljekoekies met gate

SJOKOLADE-BOTTERVERSIERSEL

• 150 g botter, sag
• 375 ml Huletts Chocolate Flavoured Icing Sugar, gesif

1. Klop die botter tot lig en romerig terwyl jy die sjokoladegeur-versiersuiker bietjie vir bietjie byvoeg.

2. Smeer die versiersel op die soliede koekies en plak ’n koekie met ’n gat op elkeen. Gebruik oorskiet-versiersel van die hasie-koekies (sien onder) om verder te versier.

Hasiekoekies-met-glansversiersel

HASIEKOEKIES MET GLANSVERSIERSEL

• 18 hasievormige vanieljekoekies
• reënboog-strooisel
• pienk vermicelli

GLANSVERSIERSEL

• 1 eierwit
• sowat 250 ml Huletts Icing Sugar, gesif

1. Vir die glansversiersel, klits die eierwit tot skuimerig. Voeg die versiersuiker ’n lepel op ’n slag by en meng tot dit die regte dikte is. Indien jy wit en pienk versiersel wil hê, verdeel die mengsel in twee en meng ’n lepel vol Huletts Strawberry Flavoured Icing Sugar by een helfte in.

2. Versier die hasiekoekies met ’n spuitsak met ’n klein punt. Rond die hasie-ore af met die vermicelli en reënboogstrooisel voor die versiersel heeltemal hard is. Laat dit dan verhard en bêre in ’n lugdigte houer.

Wenk Vir aarbeigeur-hasies, vervang die Huletts Icing Sugar in die deeg met Huletts Strawberry Flavoured Icing Sugar.

Geweefde-hartkoekies

GEWEEFDE HARTKOEKIES

• 1 hoeveelheid basiese koekiedeeg
• nog ’n mengsel koekiedeeg, maar vervang die Huletts Icing Sugar met Huletts Chocolate Flavoured Icing Sugar

1. Rol albei stukke deeg sowat 5 mm dik uit. Gebruik nou ’n liniaal om die vanielje- en sjokoladedeeg in 1,5 cm-repe te sny. Wenk Werk op bakpapier; dis makliker om te hanteer.

2. Verweef die twee kleure in ’n latwerk-patroon. Doen dit in sarsies om te keer dat die deeg te sag raak.

3. Sny hartvorms uit en bak vir sowat 15 minute per bakplaat in ’n voorverhitte oond teen 180 °C of tot effens verkleur. Laat heeltemal afkoel en bêre in ’n lugdigte houer.

WEB-FOOTERS-afr