1 Enigiemand in Suid-Afrika mag aan die kompetisies deelneem, buiten werknemers van Media24, die kompetisieborge, hul filiale, advertensie- en promosieagentskappe en hul gesinslede.
2 Pryse word toegeken aan die eerste korrekte inskrywings wat getrek word en wenners sal telefonies of per e-pos in kennis gestel word.
3 SMS-kompetisiewenners word lukraak uit al die SMS-inskrywings gekies.
4 Die organiseerders se beslissing is finaal en geen korrespondensie sal daaroor gevoer word nie.
5 Pryse kan nie verander, oorgedra, uitgestel of vir kontant geruil word nie.
6 Die kliënte is daarvoor verantwoordelik om die pryse te verskaf. Tuis kan nie verantwoordelik gehou word vir probleme en vertragings in die gestanddoening van die pryse nie.
7 Pryse moet binne 6 maande ná kennisgewing opgeneem word; uitstel sal slegs verleen word indien die borge skriftelik daartoe ingestem het.











Hallo,
Ek het reeds ingeteken en die Tuis tydskrif as geskenk vir my ma gekry. Sy is 80 jaar oud en kan nie wag om haar tydskrif elke maand te ontvang nie – ‘n werklike hoogtepunt. Ja, natuurlik het ek en die res van die familie in die ry gaan staanmaak en lees ons almal die tydskrif. Dan gaan hy in ‘n spesiale rak waar daar aanhoudend na hom, en al die voorafgaande maande se Tuis tydskrifte, verwys word wanneer enigiemand iets wil doen kort van ‘n mediese prosedure! Ek was gelukkig genoeg om onlangs ‘n IPad as geskenk te kry en wil toe sommer vir myself die tydskrif as etydskrif aanskaf. Dink te so by myself – ek sal die omgewing ‘n guns doen want daar hoef dan minder bome afgekap te word om nog tydskrifte by my te kry. Groot was my ontnugtering toe ek vind dat dit DUURDER is as die fisiese tydskrif. Kan julle asseblief vir my verduidelik waarom aangesien ek nie dieselfde ondervinding met boeke of internasionale tydskrifte het nie. Hulle is almal goedkoper. Groetnis Beth Ferreira