Tuis

BLOG Kyk my nuwe rame
Deur Johané Neilson

Ek het ‘n sagte plekkie vir ‘n mooi foto en wil pal oorboord gaan en my mure toeplak! Swart-en-wit-kombinasies is treffend en tydloos.

Dié foto van Therese Sennerholt se webwinkel het my vingers laat jeuk om ‘n bietjie nuwe lewe in my eie dekor te blaas.

Ta-da! Ek het die eenvoudige swart rame by Clicks gekoop vir minder as R50 elk en was baie ingenome met die resultate van my klein uitstalling. Die rame rus sommer op die rakkie en dit was nie nodig om gate in die muur te boor nie – iets waaroor my man baie bly is! Die rame is ook beskikbaar in wit, silwer en goud en ek dink sterk daaraan om te belê in nog ‘n paar. Wie weet, daar is nog een oop muur in my sitkamer, miskien kan ek dit heeltemal behang soos in dié pragtige foto deur Magnus Selander.

BLOG Wat ’n lekker Valentynsete
Baie dankie aan die Pierneef à la Motte-span in Franschhoek: Ek en my man Allister het ‘n heerlike ete op Valentynsdag geniet.

Ons tafel vir twee, so romanties.

Die bruisende klein Amuse-bouche het die aand op ’n hoë noot afgeskop. Die heerlike calamari pina colada is ’n bederfhappie van die sjef en word voorgesit om die eetlus aan te wakker.

Gerookte salmterrien, avocado-pannacotta en suurlemoen-en-beetslaai. Smullekker – en my gunsteling-dis van die ete!

Lendeskyf (sirloin), Shiraz-skyfies en somerslaai met sampioen-en-hanepootsous. Mytamatierisotto was ook heerlik, maar ek dink dié was die uitblinker van die twee.

Die nagereg was ’n allemintige Mille feuille van aartappel gevul met geklopte brie met heuningvye. Ek het ’n sjokoladebord geëet wat skrik vir niks.

Die nageregte het die aand perfek afgesluit.

Nuwe baadjie vir ’n boekrak
Ek is mal oor ’n winskopie. Dié rooi boekrak van baie swaar SupaWood het my maar R250 gekos. Ek het dit op ’n uitverkoping gekoop nadat ’n kantoor onlangs geskuif het en al sy ou meubels uitgegooi het. Ek is tans in die “verf alles wit”-stadium en het bietjie raad by die vriendelike ouens van Paint & Décor in Durbanville gaan vra.

VOOR

Omdat die bestaande verf ’n mat-tekstuur gehad het, was dit nie nodig om dit af te skuur of ’n onderlaag aan te wend nie – ek kon bloot bo-oor verf (dankie tog!). Ek het Duram se “NuGlo Polyurethane Acrylic Enamel” gebruik. Dit het ’n waterbasis en is dus nie ’n gemors om mee te werk nie. Dit het ’n lieflike “medium sheen” wat ’n ligte glans gee en dit voel amper soos gewone emalje wat beteken jy kan dit met ’n nat lap afvee as dit vuil raak. Gebruik ’n klein sponsroller eerder as ’n skaapwolroller omdat dit ’n gladder tekstuur gee. Wees gewaarsku: as jy wit oor bloedrooi wil verf, moet jy jou maar gereed maak vir ten minste vier lae. Vyf lae sou beter wees, maar ek het net nie die krag gehad nie – veral nie met ’n ywerige 2-jarige wat wil help sodra sy ’n verfkwas sien nie! Die slim ouens by Paint & Décor het aanbeveel dat ek die eerste twee lae grof met ’n kwas aanwend en dan die laaste twee met die roller – maar ek wou nie luister nie omdat ek  ’n supergladde voorkoms wou hê (agterna besef ek natuurlik hulle het ’n punt beet gehad). Tussen die lae het ek liggies met skuurpapier (grien 100) geskuur om op plekke van te dik verf ontslae te raak.

Dit voel of die boekrak omtrent ’n ton weeg – seker daarom dat dit voorheen op wieletjies was, want dis byna onmoontlik om te skuif. Dit beteken dat dit ’n groot gevaar vir ’n kleuter inhou, want sou sy daarteen opklim en die kas op haar val sy sekerlik dood sou wees. Twee steunarmpies (“brackets”) beveilig die kas en maak dit onbeweegbaar. Soveel so dat ek kosbare breekgoed bo-op kan pak, want dit sal nie afval nie omdat die boekrak nie eers effens wankel nie. Die twee groen mannetjies is vir my sentimenteel omdat my ma dit destyds vir my gegee het toe ons in die huis getrek het. Die armpies is nie sigbaar op oogvlak nie, so dit lyk nie lelik nie.

Ek wens ek kon sê ek het al hierdie boeke gelees

Ná 8 jaar van getroude lewe kry ek darem steeds blomme vir Valentynsdag – en Proteas is een van my gunstelinge. Terloops – dié pragtige turkoois beker het maar R120 by Boardmans gekos.

Dit was nie lank voor Emma die voëlhokkie op die rak ontdek het nie – gelukkig hoef ek my nou nie te bekommer dat die rak op haar sal val nie. Haar eie boekies het ook plek in die twee mandjies gekry – en sy kan maklik bykom.

NA

Beatrice Moore-Nöthnagel (Artikelredakteur)

Bestel joune NOU!
Wees van die eerste lesers wat die smaaklike resepte uit ons kombuis beproef. Moenie dié ongelooflike aanbod misloop nie! Kry die 2012-uitgawe van Tuis Kombuis vir net R32.72, dit is ‘n afslag van 20%!

Klik hiér om jou Tuis Kombuis 2012 te bestel.

Bly op hoogte van die jongste opknap-tendense met wenke en raad van lojale lesers nes jy. Kry die 2012-uitgawe van Tuis Opknap vir net R32.72, dit is ‘n afslag van 20%!

Klik hiér om jou Tuis Opnkap 2011 te bestel.

Vol verwagting vir Valentynsdag
Februarie is sinoniem met liefde. Rooi harte versier winkelsentrums, liefdesliedjies verswelg die radio en romantiese etes vir twee word oral geadverteer. Jaar na jaar eis die druk om te verras sy tol op my goeie bedoelings vir Valentynsdag en maak ek ‘n floppie van die hele ou storie. Dié jaar het ek ‘n plan van aksie wat skrik vir niks.

Dit klink dalk nie so nie, maar eintlik hou ek van Valentynsdag. Ek hou van die idee van ‘n dag gewei aan liefde en passie. Of dit nou ‘n liefde vir lekker kos, goeie wyn of iemand spesiaal is, ‘n bietjie kwaliteittyd saam met jou passie klink vir my soos ‘n bak plan. Dit is net spesifiek op 14 Februarie dat my planne nie altyd uitwerk soos dit moet nie. Byvoorbeeld: Vir ons eerste Valentynsdag saam het ek vir my man sappige botterviskebabs gemaak met geroosterde vinkel en fondantaartapels, net om uit te vind hy verkies eintlik stokvis. Die tweede jaar het ons ‘n meningsverskil gehad oor waar om te gaan eet wat my laat wonder het of ons romanse hoegenaamd die paal gaan haal.

Dié jaar is ons gelukkig gered van nog ‘n onderonsie deurdat ons genooi is na ‘n romantiese ete vir twee by Pierneef á La Motte in Franschhoek. Geen besluitneming nodig behalwe wat ons wil bestel om te eet nie. My mond water as ek dink aan die Biltong-en-kreefslaai onder die keuses vir voorgereg en dit gaan moeilik wees tussen die biefstuk met sampioen-en-hanepootsous en die bokkaas-ravioli vir hoofgereg te kies. Ons het dus geen verskoning om nie onsself gate uit te geniet en dié jaar ‘n lekker Valentynviering te hê nie.  (Gelukkig is daar ook nie bottervis op die spyskaart nie, ‘n baie goeie begin!) Loer weer bietjie môre vir foto’s van die ete. Ek kan nie wag nie!

Besoek www.la-motte.com as jy dalk ‘n romantiese ete van jou eie beplan. Die skone Franschhoek bly nou een maal ‘n pragtige bestemming.

Pierneef á La Motte

021 876 8800

R45 Main Road, Franschhoek

WEN ’n leer-sitkamerstel ter waarde van R43 000 van Alpine Lounge
Met ’n Alpine Lounge-stel in jou sitkamer sal jy nie kan wag om saans tuis te kom en daarin weg te sink nie. Alpine, die grootste vervaardiger van gestoffeerde meubels in die Suidelike Halfrond, verskaf net weelderige meubels van uitsonderlike gehalte. Hul groot produkreeks in leer én materiaal sluit ook verstelbare stoele en rusbanke in.

Die grondstowwe wat Alpine Lounge gebruik, is deurgaans van die hoogste gehalte – hulle spog selfs met die eksklusiewe gebruik van inheemse leersoorte uit Suid-Amerika en Namibië! En danksy ’n ontwerpspan wat gereeld na meubeluitstallings regoor die wêreld reis, bly die firma op die voorpunt van die jongste meubelontwerptendense.

’n Voorbeeld hiervan is die Livingstone-hoekeenheid uit hul weelderige Ashanti-reeks. Nie net bied die ruim, sagte sitplekke die toppunt van gemak nie, maar danksy keurige dubbelgestikte afwerking en bêre sakke as subtiele verwysing na die Koloniale styl aan die kante, sal dié ruimtebespaarder ’n aanwins in enige leefvertrek wees.

Skakel 021 951 7150 vir jou naaste Alpine Lounge-leweransier of besigtig al hul produkte by www.alpinelounge.co.za.

DIE PRYS EEN gelukkige leser kan ’n Livingstone- hoekeenheid ter waarde van R43000 wen.

DIE VRAAG Uit watter weelderige Alpine Lounge-reeks kom die Livingstone-ontwerp?

SLUITINGSDATUM 13 Maart 2012

SKRYF SO IN

• Aanlyn by tuis.co.za

• Skryf die antwoord op die vraag, en jou volledige kontakbesonderhede, op ’n poskaart en pos dit aan Tuis/Alpine, Posbus 1802, Kaapstad 8000.

• E-pos die antwoord en jou kontakbesonderhede na kompetisie@tuis.co.za – tik “Alpine” in die onderwerpveld.

• SMS net die antwoord na 45567. (Elke SMS kos R1,50.)

• Bel die kompetisielyn, 0862 211 006 (Telkom se kompetisietariewe geld).

Maart 2012 Alpine Lounge

WEN 'n leer-sitkamerstel ter waarde van R43 000 van Alpine Lounge.

Naam

Van

E-pos adres

Antwoord

Leserhuis
Dié vrygesel verkies wit

Toe Mornay de Villiers ses jaar gelede ’n ou huis in Da Gamaweg in die Strand koop, het hy nog effens nat agter die ore gevoel. Hy was skaars 26 jaar oud, maar het kans gesien om die hele plek te verander – wat hy toe ook gedoen het. Binnemure is uitgeslaan, die ingang van die systraat na voor geskuif om die vloei van die hoekerf te verbeter, en vir die eerste keer in sy lewe het hy tuingemaak. Gelukkig is Mornay deel van ’n baie hegte gesin, en sy ouers en twee susters het gehelp waar hulle kon.

Mornay en sy pa, Alwyn, besit ’n skrootmetaalonderneming, terwyl sy ma, Sandra, en susters, Natasha en Melissa, ’n gewilde antieke-en-koffiewinkel genaamd Pajamas & Jam op dieselfde perseel in die Strand bedryf. Dis hier waar die meeste van die interessante vondste in sy huis vandaan kom: ’n industriële haak waaraan ’n hangstoel uit die dak hang, ’n ou rooi Coke-yskas in die kombuis, en trokdeure met die motief van ’n Lions-vuurhoutjieboks wat nou as badkamerdeure dien! “Ek het aanvanklik gedink die winkel se goed is lelik, maar ek het darem intussen die lig gesien!”

Mornay se huis was nie altyd wit nie, maar is oor die laaste twee tot drie jaar stelselmatig verander. “Die vloere was daardie tipiese gelerige Oregondennehout, die spieëls het vergulde rame gehad en die gordyne was bloedrooi fluweel – alles baie dramaties!” Dié voorkoms het nie vir hom gewerk nie, want hy glo aan lig, en altyd tussen binne en buite leef. Die fluweel voor die reusevensters moes af en is vervang met melkdoekgordyne wat sy ma gemaak het. Dié hang op die grond en is altyd oop. “Baie mense wil weet hoekom ek sulke hoë mure om my erf gebou het, maar dis sodat ek nooit my gordyne hoef toe te trek nie – ek wil heeldag op my tuin uitkyk, ook saans. Alles hier bly altyd oop. Selfs as jy by die voordeur instap, dan is my slaapkamerdeur oop en kan jy regdeur sien. Dis hoekom dit belangrik is dat als mooi moet wees, met dieselfde deurlopende styl.”

Ná die nuwe gordyne is die meubels wit geverf. Die meeste van sy bal-en-kloustukke is met motorverf (Duco) gespuitverf vir ’n satyngladde voorkoms. Dit skep ’n kontemporêre, eerder as ’n landelike voorkoms. Mornay wissel dit af met ’n paar stukke wat met die kwas geverf is. Die mure is met CreteStone bedek en ongeseël gelaat vir ’n natuurlike voorkoms.

Die vloere was laaste aan die beurt. “Ek het lank gewik en weeg en was nie seker of ek dit moes verf nie. Almal sê mos altyd jy’s mal as jy houtvloere wil verf. Maar toe dit eers wit is, was ek eintlik spyt ek het dit nie al lankal gedoen nie!”

“Baie van my vriende sê dit voel asof hulle met vakansie is as hulle kom kuier, omdat alles so oop en lig is. Dis presies die gevoel wat ek wou hê.” Die meeste van Mornay se deure maak met werwelskarniere oop – soos die enorme Franse skuifdeure wat hy vir R2 000 opgeraap het. Hy het dit as voordeur ingespan, maar pleks dat dit net gedeeltelik oopskuif, swaai dit nou heeltemal oop. Dit lei jou direk tot in die oopplan-sitkamer-en-kombuis. Die ou rusbanke het nuwe oorgroot los oortreksels wat op die grond hang vir ’n informele voorkoms. Dit pas by Mornay se filosofie dat als groot, maar ontspanne moet wees. Die strooikussings van goiing kom natuurlik van Pajamas & Jam af, terwyl die verweerde ou matte by ’n tweedehandswinkel gekoop is.

In dié vertrek langs die kombuis word daar lekker gekuier. Die ou ysterbed kom van Pajamas & Jam, net soos die goiing-strooikussings. Sterk stutbalke is in die dak ingesit sodat Mornay later ’n dek bo-op kan bou vir ’n uitsig op Valsbaai.

“ ’n Spens het nog altyd vir my so lekker geklink – toe kry ek vir my ook een. My vriendinne geniet dit veral, want hulle kan net instap en sien waar alles is as ons kuier.” Die bal-en-kloukombuistafel spog ook met ’n sygladde wit afwerking en het wiele, sodat dit rondgeskuif kan word wanneer hulle die slag behoorlik partytjie hou. Stoele van natuurlike hout skep ’n ontspanne gevoel en breek die alles-wit-voorkoms. Net soos in die res van die huis, verskaf ’n kristalkandelaar ook hier ’n tikkie glans. Steeds is Mornay heeltyd aan die verander. Die kombuis het al twee gedaanteverwisselings ondergaan, en hy beplan om vanjaar nog veranderings te maak om die vloei verder te verbeter. “Ek het gelukkig ’n baie goeie kontak in Jaco van Workbench Products, wat nie net my kombuiskaste ingesit het nie, maar ook die vensters en deure spesiaal vir my gemaak het.”

Die huis het net twee slaapkamers. Albei het witgeverfde stapeldeure met kruldiefwering wat na buite oopmaak. Ook hier is die meubels hoofsaaklik geverfde bal-en-kloustukke. Selfs ’n ou argitekkas wat voorheen groen was, het nuwe lewe gekry in wit. In sy aantrekkamer staan twee bal-en-kloukaste regoor mekaar. Mornay het die deurpanele met spieëls vervang. “Maak nie saak of ek iets nuut of tweedehands koop nie – ek probeer altyd om iets daaraan te verander om my persoonlike stempel af te druk. Dis min dat ek ’n ding net so in die huis sal gebruik.” Die embuiakas in sy en suite is nog nie geverf nie en sy suster Natasha wil so graag hê dit moet so bly, maar Mornay skop vas: “Hy gaan binnekort sy laag wit verf kry!”

Mornay se mooimaakwenke

• Begin by een vertrek en maak dit klaar, anders kom ’n mens nêrens.

• Handhaaf dieselfde styl regdeur die huis. Hou dit eenvormig.

• Wit verf help my altyd. As jy nie seker is waar ’n stuk moet kom nie, verf dit wit en kyk weer.

• Waardeer jou tuin ook van binne – moenie die gordyne onnodig toetrek nie.

• Leer ken die goed op jou werf. Ek het nou wel self my swembadpomp en besproeiing- stelsel ingesit, maar selfs as jy dit laat doen, is dit die moeite werd om te weet presies hoe dit werk.

Nuwe baadjie vir 'n ou laaikas
Projeknotas

• Ons het besluit om al die verf van die ou laaikas te stroop.

• Ons het nuwe pote gemaak om hoogte en struktuur by die algehele ontwerp te voeg.

• Toe het ons asimmetriese patrone oor die laaie se voorkante en sye getrek.

• Daarna het ons dié vorms in helder kleure geverf vir ’n speelse eindproduk.

Ashley sê As dit by die opknap van meubels kom, hang dit van jou af of jy die oorspronklike hout gaan ontbloot of toeverf.

Inkopielys

• houtvuller (indien nodig)

• 1800 x 44 x 44mm-dennehout

• verfstroper (indien nodig)

• onderlaag

• verf

• maskeerband

• 40mm-spaanderbordskroewe

Gereedskap

• skraper/spatel

• skaaf

• koordlose skroewedraaier

• skuurmasjien en skuurpapier

• verfkwas of sponsroller

• potlood

• skroewedraaier

Om die verf te verwyder het ons veeldoelige Plascon RemovAll-verfstroper, wat ’n waterbasis het, met ’n kwas aangewend en dit vir 20 minute aangelos.

Gebruik die regte skraper vir die bepaalde oppervlak en hou die reguit, skerp rand deurentyd plat teen die oppervlak.

So maak jy

1 Verwyder ou vernis of verf met die verfstroper. Indien die verflaag los is of afdop, moet jy soveel moontlik met ’n skraper afhaal voor jy die verfstroper aanwend. Gee dit kans om met die verf te reageer en gebruik dan ’n skraper om al die verf of vernis wat begin oplig het, af te haal. Werk versigtig saam met die grein, sodat jy nie die hout beskadig nie.

2 Skuur enige verfreste af met ’n wentelskuurder – begin met ’n 180-grint- en eindig met ’n 220-grint-papier. Werk die hout daarna glad af met staalwol om dit gereed te maak vir ’n onderlaag.

3 Saag die 1 800 mm-dennehout in vier 250 mm-lengtes. Maak ’n merk 20 mm van die een hoek en verbind dit met ’n reguit lyn met die teenoorstaande hoek.

4 Skaaf nou die hout weg om vier afgeskuinste pote te maak.

5 Maak basisse vir die pote met vier afvalstukke hout van sowat 120 x 120 mm. Sit dit met lym en skroewe aan die pote vas.

6 Skroef nou die vier nuwe pote onderaan die laaikas vas met 40 mm- spaanderbordskroewe – onthou om eers gidsgate te boor.

7 Teken die ontwerpe of vorms wat jy wil verf, met potlood. Blok dan dié fatsoene met maskeerband uit. Wend nou onderlaag aan op die dele wat jy wil verf.

8 Wag tot die onderlaag droog is, skuur dié dele liggies met 220-grint-skuurpapier en wend dan twee lae verf aan. Ons het Dulux Luxurous Silk, ’n akriliese PVA, gebruik.

9 Verwyder die maskeerband nadat jy die laaste laag aangeverf het.

10 Sit die laaiknoppe terug om die projek te voltooi.

Saai stap vir stap
Direk in die bedding

Baie saadjies kan direk in die bedding gesaai word. Al wat jy nodig het is kompos, beenmeel, saad en ’n geskikte bedding.

1 Maak seker al die onkruid is uitgetrek en al die groterige klippies is verwyder. As jy lank laas kompos in jou bedding ingewerk het, doen dit nou. Voeg ook ’n paar hande vol beenmeel by en werk dit in. Spit die grond goed om.

2 Maak die grond gelyk en loop versigtig oor die bedding om van enige lugborrels ontslae te raak. So keer jy dat die grond later insak wanneer die saad reeds gesaai is. Gebruik ’n hark om die boonste lagie grond weer effens los te maak nadat jy dit vasgetrap het.

3 As jy verskillende groepe blomme in een bedding wil saai, merk saaiblokke met riviersand. Moenie die blokke almal ewe groot en te presies uitmerk as jy ’n informele voorkoms wil hê nie. Jy kan ook pakke gemengde saad koop en dit net die hele bedding vol saai vir ’n kleurspel.

4 Merk met ’n stokkie rye in die bedding uit. Deur die saadjies in rye te saai, is dit makliker om te weet wat is saad en wat is onkruid wanneer die saad opkom. Moenie die saad te dig opmekaar saai nie, maar saai altyd meer as wat jy nodig het om sukses te verseker. Jy kan altyd later die saailinge uitdun.

5 Stoot nou die saadjies versigtig met grond toe.

6 Maak dit goed nat met ’n fyn sproeikop. Hou die grond deurentyd klam tot jou saailinge goed gevestig is. Dun die saailinge uit as dit te dig opmekaar groei.

Wenke

• Dra sjirurgiese handskoene as jy met fyn saadjies werk – dit help om hulle raak te vat.

• As jy honde of katte het wat in jou saadbedding wil grawe of lê, skort die bedding met ’n heininkie af. Jy kan ook fyn sifdraad bo-oor span of takke gebruik om tarentale en ander voëls wat die saad oppik en uitskrop, weg te hou. Verwyder dit sodra die saailinge goed gevestig is.

In saadkassies

Sommige saad moet eers in saadkassies gesaai word voor dit in die bedding uitgeplant kan word. Al wat jy hiervoor nodig het, is ’n skoon saadbak, ’n geskikte saailing-grondmengsel (wat jy by ’n kwekery kan koop) en die saad van jou keuse.

1 Sorg dat jou saadkassie skoon is. Maak dit tot bo vol met die saailingmengsel.

2 Druk die saailingmengsel met jou hand plat totdat dit sowat 1 cm van die rand van die saadkissie is. Maak die saailingmengsel goed nat met ’n fyn sproeikop.

3 Maak voortjies met jou vinger of ’n stokkie dit tot bo vol met die saailingmengsel.

4 Saai die saadjies versigtig in die voortjies. Groter saadjies soos dié van sonneblomme en jakobregops kan een-een gesaai word, maar party saadjies, soos dié van papawers en ridderspore, is baie fyn en moeilik om een-een te saai – jy kan dit maklik te dig opmekaar saai.

5 Maak die saad met ’n fyn lagie saailingmengsel toe. (Linda gebruik vermikuliet hiervoor, wat help om vogtigheid in die grond te behou en wortelvorming bevorder.) Maak die saad met ’n fyn sproeikop nat en sit dit op ’n koel plek. Hou die grond klam tot die saad ontkiem het.

6 Plant jou saailinge uit in aparte saailing- bakkies sodra hulle sowat 5 cm hoog is of een of twee blaartjies het, sodat elke plantjie meer ruimte het om in te groei. Maak die grond goed nat voor jy dit doen en haal die saailinge versigtig uit sonder om die wortels te beskadig. Wag tot die individuele saailinge sterk plantjies is voor jy hulle in jou tuin uitplant. Hou goed nat en jy sal binne 2–3 maande met ’n oorvloed blomme beloon word.

Bron Flower Gardener deur Pippa Greenwood

Bêre jou saad so

• As daar van die saadjies in die pakkie oor is, maak dit goed toe. Saai dit voor die vervaldatum verstryk.

• As jy jou eie saadjies opvang, bêre dit in papiersakkies op ’n koel, droë plek.

WENK Moenie te veel saad op een slag koop nie. Begin liewer met minder en namate jy sukses behaal, kan jy nog saai. En moenie moed verloor as jy die eerste keer nie so suksesvol was nie. Probeer net weer!

Béarnaisesous
Genoeg vir: 2 ruim porsies

Bereidingstyd: 20 minute

• 1 klein ui, fyngekap

• 45ml witwyn- of dragonasyn

• 5 swartpeperkorrels

• 4-5 takkies dragon

• 2 eiergele

• 5ml Dijonmosterd

• 150g sagte botter

1 Plaas die ui, asyn, peperkorrels en dragon in ’n klein kastrol. Verhit tot kookpunt en laat prut dit totdat die vloeistof tot sowat 20ml verminder het.

2 Plaas die eiergele en mosterd in ’n glasbak wat bo-op ’n ander kastrol pas. Giet kookwater sowat 2 cm diep in die kastrol en maak seker die glasbak raak nie aan die water nie. Klits aanhoudend oor die pruttende water totdat die eiermengsel verdik. Voeg die asyn by die eiergele (hou die ui, swartpeperkorrels en dragon terug met ’n houtlepel of met die deksel) en klits weer tot dik.

3 Voeg nou die botter blokkie vir blokkie by terwyl jy aanhoudend klits. Die sous sal verdik en fluweelagtig van tekstuur raak. Wees versigtig om dit nie te oorverhit nie, omdat die sous kan skif. Hou die temperatuur van die water op ’n stadige prut. Geur die sous met ’n bietjie sout. Hou die sous warm oor die warm water (jy kan die plaat nou heeltemal afdraai) terwyl jy die vleis rooster.

WENK Indien die sous geskif het, kan jy dit probeer red deur ’n eetlepel kookwater daarby te roer. Verwyder die glasbak van die hitte en dompel dit in ’n wasbak met koue water voordat jy die kookwater byklits. Hou aan met klits solank as wat jy kan. Of begin oor met 2 nuwe eiergele en klits die geskifte sous bietjie vir bietjie oor lae hitte by.