Verf lelike muurteëls

Te platsak vir nuwe teëls? Verf dan die oues!

Wat jy nodig het

  • suikerseep en warm water
  • sponsie
  • onderlaag vir gladde oppervlakke (Plascon Ceramic Tile Primer)
  • verf soos Plascon Velvaglo of Wall & All
  • sponsrollertjie en rollerbak
  • kwas
  • voegbrypen of ’n viltpen in die kleur van jou keuse

 

Slider loading...
  • 1


  • 2


  • 3


  • 4


  • 5



1 Geen verf sal aan ’n vuil, vetterige oppervlak kleef nie – skrop dus eers die gedeelte wat jy wil verf met ’n mengsel van suikerseep en warm water. Los sowat ’n halfkoppie suikerseep in ’n 5-liter-emmer met warm water op. Spoel die teëls af met skoon water en laat dit heeltemal droog word; veral die voegbry moet kurkdroog wees voor jy verf.

2 As jy ’n horisontale streep wil verf, plak maskeerband op die rand van die aangrensende teëls. Roer die onderlaag goed en wend dit met ’n kwas aan – twee lae sal voldoende wees. Wag minstens 24 uur dat die verf kan droog word. Moenie jou daaroor bekommer as jy oor die voegbry verf nie; jy kan dit later opknap.

3 Gebruik ’n sponsrollertjie en wend minstens twee lae verf aan. Laat elke laag goed droog word voor jy die finale lag aanwend.

4 Sodra die laaste laag geverf is, moet jy die maskeerband so gou moontlik aftrek, anders kan die verf daarmee saam afkom.

5 Trek nou die lyne in met ’n voegbrypen (of viltpen). Jy kan die pen sommer ook gebruik om al die ou lyne oor te trek sodat als splinternuut lyk.

WENK Indien van die verf saam met die maskeerband afgekom het, kan jy nuwe maskeerband so ’n millimeter daarvandaan plak en weer probeer. Trek dit dan net dadelik af.

 

LEES NOU:

Konnekteer ’n handwasbak op ’n badkamerkassie

Konnekteer ’n handwasbak op ’n badkamerkassie

 

WEB-FOOTERS-afr