Stensil met beits

Is jy moeg van dieselfde ou voorkoms? Kikker jou vloere op met ’n oulike stensil en Woodoc Gel Stain.

In-samewerking-met-Woodoc

Wat jy nodig het:

* Woodoc Gel Stain Ebony
* Woodoc Water-Borne Matt-verseëlaar
* patroon (laai die patroon hier af)
* Priplak
* handwerkmessie
* snymat
* maskeerband
* nie-permanente spuitgom
* sponsroller en verfbak
* 200-grint-skuurpapier

So maak jy …

Stap 1
Laat die vloer professioneel skuur om ontslae te raak van enige ou vernis.

Stap 2
Gebruik die maskeerband en plak die patroon aan die agterkant van die Priplak; sny die vorms uit met die handwerkmessie om ’n stensil te maak.

Stap 3
Spuit gom aan die agterkant van die stensil en plak dit waar jy wil begin.

Stap 4
Wend die beits versigtig aan met die sponsroller. Sit die stensil direk langs die eerste een wat jy geverf het en wend weer die beits aan. Herhaal die proses tot jy die gewenste area bedek het. Laat die beits vir 4 uur droog word.

Stap 5
Wend die Woodoc Water-Borne Matt-verseëlaar oor die hele vloer aan en laat dit heeltemal droog word. Skuur liggies met die 200-grint-skuurpapier en wend ’n tweede laag aan. Wend dan ’n derde laag aan, maar moenie ná die derde laag skuur nie.

Woodoc-logo-AFR-wit

Besoek www.woodoc.com vir meer.

Deur Shelly Bergh • Video Francois Oberholster • Redigering Suné Esterhuizen • Musiek www.bensound.com