Skep ’n nuwe voorkoms met verf

Gryp ’n verfkwas en gebruik al die ekstra tyd wat jy het om jou plek vars en nuut te laat lyk.

Deur Simone Borcherding • Foto’s: Francois Oberholster en Christo Lötter

1. Rottang in kleur

Dit werk!
Rottang kan koel en kontemporêr lyk – net een of twee meubelstukke in ’n lekker helder kleur gee ’n plek sommer trefkrag.

Dis wat jy nodig het
 • 180-grint-skuurpapier
• veeldoelige onderlaag, soos Dulux Undercoat
• emaljeverf, byvoorbeeld Plascon Wall & All Blue Jazz
• kwas met ’n skuins haarrand

Só maak jy
As die rottang met vernis bedek is, skuur dit liggies sodat die verf beter daaraan kan kleef. Skrop dit dan met ’n suikerseep-oplossing en laat dit droog word. Wend onderlaag aan en, sodra dit droog is, twee lae emaljeverf in die kleur van jou keuse. Laat elke laag goed droog word voor jy die volgende een aanwend en maak seker jy kom in elke hoekie en draaitjie by met die kwas. ’n Sproeipistool kan die takie heelwat makliker maak.

010112TSM025.pdf

Afgewitte hout

Dit werk!
010112HMM059.pdf
Afgewitte meubels verleen ’n informele elegansie aan enige vertrek.

Dis wat jy nodig het
• witkalk, soos Harlequin Paints Woodwash
• kwas met sagte hare
• kaasdoek
• vernis, byvoorbeeld Harlequin Paints Decorators Varnish

Só maak jy
Maak seker dat die onbehandelde hout skoon en droog is. Indien dit voorheen vernis of geverf was, sal jy dié lae moet afstroop. Wend die witkalk eers net op een sy aan en maak seker jy werk dit in elke hoekie in. Neem die kaasdoek in die holte van jou hand en vee liggies oor die oppervlak terwyl die verf nog nat is, om oortollige verf af te kry. Herhaal die proses op die volgende sye. Wag 24 uur dat dit heeltemal kan droog word en skuur dan liggies met staalwol. As jy ’n ligter afwerking verkies, kan jy nog ’n laag aanwend, dit laat droog word en weer skuur. Wend dan drie lae Decorators Varnish aan, gee dit kans om droog te word en skuur tussen lae vir ’n gladde afwerking.

 

Geverfde strepe
Dit werk!

Strepe teen ’n muur is ’n kitskuur wat ’n ruimte hoogte én ’n tikkie drama gee. Kies ’n breë streep vir ’n eleganter voorkoms.

Dis wat jy nodig het
• maskeerband
• maatband
• waterpas
• potlood
• emaljeverf met ’n waterbasis, byvoorbeeld Plascon Cashmere Dundas of Naturals

Só maak jy
Verf ’n wit basislaag en laat heeltemal droog word. Dui die breedte van die strepe met kolletjies aan en trek vertikale lyne tussen die kolletjies (gebruik ’n waterpas of lasertoestel vir akkuraatheid). Maskeer die patroon (trek ’n bankkaart oor die rand van die maskeerband sodat die verf nie daaronder kan inkruip nie) en verf afwisselende strepe in die kleur van jou keuse. Laat dit droog word en herhaal. Trek die maskeerband versigtig teen ’n hoek weg van die verf af voor dit heeltemal droog is.

Foyer, make over, entrance

 

LEES NOU:

Stap vir stap: Plak so jou eie muurpapier

Stap vir stap: Plak so jou eie muurpapier

WEB-FOOTERS-afr