Sieraad-bakkies van lugdroë klei

Verras jou ma met ’n handgemaakte geskenk – perfek vir al haar tierlantyntjies!

Deur Shelly Bergh
Video: Francois Oberholster

 

Wat jy nodig het:

  • wit lugdroë klei
  • koekroller
  • bakkies wat jy as vorm kan gebruik
  • kant
  • handwekmessie
  • verf of bladkoper om jou bakkies mee te versier
  • verguldersgom (gliding size)
  • klein verfkwassie

 

So maak jy …

Stap 1: Rol ’n stuk klei in ’n bal, druk dit plat met jou hand, en rol dit dan uit met die koekroller tot dit min of meer 3–4mm dik is.

Stap 2: Sny ’n stukkie kant groot genoeg om die bakkie te bedek. Sit die bakkie onderstebo neer met die kant bo-oor. Sit die uitgerolde klei versigtig oor die bakkie en kant en druk dit vas sodat dit die bakkie se vorm aanneem. Druk dit vas sodat die kant se patroon aan die binnekant van die bakkie afdruk.

Stap 3: Sny die rand netjies met die handwerkmessie. Laat dit oornag droog word.

Stap 4: Versier jou bakkie deur ’n eenvoudige patroon op te verf of ’n gedeelte met bladkoper te bedek.

Hoe om die bladkoper aan te wend:

Wend die verguldersgom aan die dele waar jy die bladkoper wil hê. Laat dit so 10 minute staan om taai te raak. Sit die bladkoper versigtig op en stryk dit vas met ’n sagtehaarkwas om enige oorskiet-bladkoper weg te vee.

LW. Dié bakkies is net dekoratief en nie gesik vir eet nie. Jy kan ook jou bakkies seël met ’n deursigte lakspuitverf as jy verkies.

 

KYK NOU:

Alcolin-staanleer-nuusbrief

WEB-FOOTERS-afr