Pennesakkie

Maak self dié oulike houers vir bêreplek vir skryfbehoeftes of ander losgoed.

Deur Shelly Bergh
Video: Francois Oberholster

Wat jy nodig het

• 4 plastiekbottels van dieselfde grotte (2 per houer)
• ritssluiter wat rondom die bottels pas (een pink en een bruin)
• nutsmes of skêr
• warmgompistool
• spuitverf in ligpienk, wit, room en koper
• kleur-merkers
• ’n deurskynende rooi kraletjie

So maak jy

Stap 1 Vir die melkskommel-houer, sny een bottel onder die nek af, en die ander een min of meer 4 cm van die bodem van die bottel af. Vir die burger, sny albei bottels min of meer 4cm van die bodem af.

Stap 2 Vir die melkskommel, spuit die groter deel van die bottel pienk en die kleiner deel wit. Vir die burger, spuit albei dele room, en wanneer die verf droog is, spuit net effens koper bo-oor om die “rolletjie” sy kleur te gee.

Stap 3 Wanneer die verf droog is, plak die ritssluiter aan albei dele van die bottel met die warmgompistool. Ons het die melkskommel s’n aan die buitekant van die bottel geplak en die burger s’n aan die binnekant.

Stap 4  Gebruik die merkers om detail op jou melkskommel- en burger-houers aan te bring. Ons het strooisels bo-op die melkskommel geteken met helderpienk, en blaarslaai, tamaties en sesamsaad op die burger-houer. Plak laastens die rooi kraletjie bo-op die melkskommel vir ’n “kersie”.

KYK NOU:

badbederfies-nuusbrief

WEB-FOOTERS-afr