Omber-effek met Woodoc Colours

Omskep ’n ou laaikas in ’n pronkstuk met Woodoc Colours.

In-samewerking-met-Woodoc

Wat jy nodig het

* 4 x 1 liter Woodoc Water-Borne Floor- deursigtige mat seëlaar

* 4 x 20 ml Woodoc Colours (een in elk van die volgende kleure: Oak, Teak, Imbuia en Ebony)

* verfkwas van goeie gehalte

So maak jy …

1. Skuur die kas en laaie (ons het dié een by Wispen Interiors gekry) om ontslae te raak van enige ou verf of vernis. Haal die laaie uit die raam en verwyder die handvatsels.

2. Meng elk van die 20 ml-bottels Woodoc Colours met ’n liter Woodoc Water-Borne Floor en meng goed (jy meng een bottel Colours met een literbottel seëlaar).

3. Verseeël die kas se raam met drie lae van die Ebony-mengsel; laat elke laag goed droog word voor jy die volgende een aanwend.

4. Verseeël die laaivoorkante met drie lae Colours – gebruik ’n verskillende kleur vir elkeen.

5. Vervang die handvatsels en sit die laaie terug in die kas.

Woodoc-logo-AFR-wit

Besoek www.woodoc.com vir meer.

Deur Shelly Bergh • Foto’s Francois Oberholster • Redigering Shané Barnard • Musiek www.bensound.com • Laaikas Wispen Interiors