’n Netjiese messelaai

Beskerm jou messe in die kombuislaai met dié netjiese rak. Maak sommer ’n paar – dis ’n lekker geskenk.

Materiaal

• 22 mm x 22 mm-dennehout, gesaag in sewe 250 mm-lengtes en sewe 150 mm-lengtes
• 22 mm x 44 mm-dennehout: een 300 mm-lengte

So maak jy:

Gebruik Alcolin Professional Wood Glue en paneelspykers om eers die sewe 250 mm-plankies en dan die sewe 150 mm plankies in ’n ry haaks op die 300 mm-plank vas te sit. Plaas die ente van die plankies gelyk met die lang plank se rand en laat ’n 3 mm-spasie tussen die plankies.

Wenk Gebruik ’n stukkie karton om die plankies eweredig te spasieer.