Houtkrat-stoeltjie

Dink nuut oor weggooigoed – as jy weet hoe, kan selfs ’n emmer of ’n houtkrat sitplekke word …

PROJEKGIDS

Harde werk 1/10
Vaardigheidsvlak 1/10
Tyd nodig 2 uur

Gereedskap

* skroewedraaier
* skêr
* kramgeweer
* verfkwas

 Inkopielys

* twee koeldrankkiste
* 10m touweefsel
* 3×30 mm-selfsnyskroewe
* vier gedraaide pote van sowat 200 mm hoog
* Annie Sloan-verf in die kleur van jou keuse

So maak jy…

 

Stap 1: Verf driehoeke aan die bopunt van die pote.

Step 2: Skroef die pote van binne af in die hoeke van die kissie se basis vas.

Step 3: Knip die touweefsel in vyf 1 m- en vier 1,2 m-lengtes. Dié lengtes kan wissel volgens die grootte van jou kissies.

Step 4:  Sit die 1 m-lengtes op jou werkblad neer en sit die twee kissies daarop . Kram die touweefsel aan die onderste kissie se lang sy vas. Maak seker die touweefsel is styf getrek en eweredig gespasieer.

Step 5: Kram die vier 1,2 m-lengtes aan die kort sy vas; maak seker dis eweredig gespasieer. Die twee stukke aan die aan die buitekante pas nie tussen die pote nie, toe vou ons die ente om en kram dit aan die kissie se sy vas. Weef die lengtes deur dié wat jy in stap 4 vasgekram het. Trek dit so styf moontlik en kram vas.