Ekstra pakplek in jou sak

Maak hierdie binnesak vir vir jou strandsak sodat jou kleiner items altyd byderhand sal wees.

Deur Shelly Bergh
Video: Francois Oberholster

Wat jy nodig het

  • polipropileen-sak (beskikbaar van Builders)
  • strandsak / groot handsak
  • naaimasjien
  • naald
  • borduurgare
  • maatband

So maak jy …

Stap 1: Sny ’n strook van min of meer 350 mm uit die polipropileen-sak.

Stap 2: Kap die rande om; die sak se materiaal rafel maklik uit.

Stap 3: Vou die strook in die lengte af en stik dan afskortings oor die breedte.

Stap 4: Sit die binnesak in jou strandsak en werk dit vas met kruissteek.

KYK NOU:

Sonsambreel-nuusbrief

WEB-FOOTERS-afr