Hier kan jy saam met Wagter gaan kuier

Deesdae is daar geen verskoning om vir Wagter by die huis te los wanneer jy vir ’n naweek weggaan nie – of selfs nie eens as jy jou gunsteling-Saterdagmark besoek nie. Vandag is honde by ál meer plekke welkom.

Oranjezicht-city-farm

Foto: Troeteldiere is elke Saterdag welkom by die Oranjezicht City Farm-markdag (09:00–14:00) by Grangerbaai, V&A Waterfront.

Soek hier

Daar is verskeie webwerwe wat spesialiseer in troeteldiervriendelike verblyf en dienste. Loer gerus hier vir plekke spesifiek in jou area:

 

Pet-friendly South Africa

Dié organisasie was een van die eerstes wat ’n jaarlikse gids met verblyf en dienste saamgestel het. Vandag kan jy op die webwerf kyk vir ’n lys van troeteldiervriendelike restaurante, strande en vakansieverblyf. Benewens die webwerf kan jy ook ’n hardebandboek bestel of die app op jou slimfoon aflaai.

Petfriendly SA

Foto: Petfriendly se hardebandboek

 

Pet healthcare 

Nóg ’n nuttige webwerf waar jy kan soek vir troeteldiervriendelike verblyf en restaurante oor die hele land. Boonop kan eienaars van troeteldiervriendelike instellings hul verblyf of dienste gratis adverteer. Kyk ook uit vir kontakte vir gedragskenners en opleiding.

Foto: St Francisbaai, Oos-Kaap

Foto: St Francisbaai, Oos-Kaap

 

Pet-friendly.info

Dié webwerf is verbonde aan Safarinow en jy het dus toegang tot ’n reuse-databasis met troeteldiervriendelike verblyf. Baie van die plekke is nogal iets vir die oog vir dié wat van mooi dekor hou.

Pet-friendly Old Potters In Greyton

Foto: Old Potters Inn, Greyton, Wes-Kaap

 

 

HoliDogz Pet Friendly Accommodation

As jy eers na HoliDogz se pragtige foto’s gekyk het, sal jy sommer lus raak om vir Wagter in die kar te laai en die pad te vat. Hier is ’n verskeidenheid troeteldiervriendelike wegbreekplekke, kampterreine, staproetes, strande en restaurante.

DIGITAL CAMERA

Foto: HoliDogz lys ’n groot verskeidenheid kampplekke

 

Where to Stay

Where to Stay is ’n algemene verblyf-webwerf, maar het ’n spesiale afdeling vir troeteldierverblyf waar letterlik honderde plekke gelys word. Dit sluit ook plekke in Namibië, Botswana en Mosambiek in (maar onthou, jy kan nie sommer net jou troeteldier oor die grens vat nie!).

Where to stay KwaThabisile Game Lodge

Foto: KwaThabisile Game Lodge, Cullinan, Mpumalanga

 

LekkeSlaap

Dié Afrikaanse verblyfwebwerf het ook ’n nuttige lys verblyfopsies vir wanneer jy jou vierpotige maat wil saambring. Loer hier as jy beplan om in die Wes-Kaap, KwaZulu-Natal, Vrystaat, Noord-Kaap of Noordwes te gaan vakansie hou.

Screen Shot 2016-07-28 at 4.29.54 PM

Foto: Buffalo Drift op LekkeSlaap

 

LEES NOU:

Dis ’n hondelewe!

Dis ’n hondelewe!

 

WEB-FOOTERS-afr